:

  • Maak jou vrieskas leeg. Daar is niks ergers as om van ’n vakansie terug te keer en deur die reuk van verrottende kos in ’n yskas begroet te word nie.
  • Sny die gras om jou huis. Lang gras om jou huis en op die sypaadjie is ’n duidelike teken aan misdadigers dat jy nie tuis is nie.
  • Reël dat iemand jou pos kom optel. ’n Posbus wat tot oorlopens toe vol is, is ’n definitiewe teken dat niemand tuis is nie en ’n ope uitnodiging vir misdadigers.
  • Skakel jou geyser af, en enige kragproppe wat nie benodig word terwyl jy weg is nie. Dit sal jou geld spaar en is omgewingsvriendeliker.
  • Maak seker dat iemand wat naby jou woon, soos ’n buurman, jou kontakbesonderhede het as hulle jou in ’n noodgeval moet kontak.
  • Stel jou sekuriteitsvoorsiener in kennis dat jy met vakansie sal wees sodat hulle gereelder by jou huis ’n draai kan maak.
  • Sluit alle deure en potensiële toegangspunte en skakel jou alarmstelsel aan.
  • Moenie enige juweliersware, toestelle en ander waardevolle items laat rondlê nie. Dit sluit skootrekenaars, fone, paspoorte en spaarsleutels in.
  • Maak seker dat jy jou beursie – sowel as alle dokumente, koopbewyse en besprekingsnommers wat jy vir jou vakansie benodig – byderhand het.
  • Maak seker dat jou huisinhoudversekering op datum is. Onthou, as daar by jou huis ingebreek word terwyl jy met vakansie is en jy nie jou huis genoegsaam beveilig het nie, kan jou versekering jou eis afkeur; dit is dus baie belangrik om die tyd te neem om dit te doen.