Geen probleem!

Met hierdie metode, uitgedink deur Taras Kulakov, ook bekend as die Crazy Russian Hacker, benodig jy net 'n plat klip of sementblok om daai blikkie bone of spaghetti mee oop te maak.

In sy YouTube-video verduidelik Taras dat jy net die blikkie vinnig op die klip of sementblok se oppervlak moet vryf. Naderhand sal die kante van die blikkie begin breek, en dan sal die bokant maklik af val.

Daar het jy dit! Soos die YouTuber tereg opmerk: nou sal nie net jy nie, maar ook jou katjie in die boendoes (sonder 'n blikoopmaker) oorleef.

Addisionele bron: mirror.co.uk