Rhys Morgan, ’n student aan die Universiteit van Cardiff, het die video verlede week op YouTube gelaai, en dit is sedertdien al meer as ’n miljoen keer gekyk.

“Ek het die truuk in die somer geleer,” het Morgan aan die Daily Mail gesê.

“Ek was op ’n tuinpartytjie met, tragies genoeg, ’n stukkende botteloopmaker.

“Ons moes die een of ander botteloopmaker prakseer en ek het gedink ’n vel papier wat versterk is deur dit te vou, kan as ’n hefboom help dien om die doppie af te kry.”

Die 21-jarige student hou vol die video is eg nadat party kykers die greep bevraagteken het. Hy het teruggekap dit is standaard-drukpapier en die bierbottel het nie ’n draaiproppie nie.

“Vou die papier vertikaal middeldeur tot jy net ’n klein hoeveelheid papier oorhet.”

“Vou die oorblywende papier oorlangs om ’n V-vorm van die papier te skep.

“Plaas die V van die papier teen die onderkant van die botteldoppie en oefen druk uit.”

Bronne: dailymail.co.uk, youtube.com