Wel, die gesukkel eindig hier.

Die YouTube-gebruiker Ramble Viral het ’n video gedeel waarop gewys word hoe ’n mens ’n lemoen binne sekondes kan afskil met drie eenvoudige snitte – een elk oor die bo- en onderkant en dan ’n vlak snit in die middel af.

Drie snitte later trek die lemoenskil maklik weg met elke segment reg om te eet.

Die video het soos ’n veldbrand versprei en is meer as 900 000 keer gekyk vandat dit ’n week gelede opgelaai is. Kyk hier daarna:

Bronne: mirror.co.uk, dailmail.co.uk, YouTube.com