Hier is 10 kosse wat jy nie in jou koelkas moet hou nie:

1. Tamaties

Tamaties gaan al hul geur in die koelkas verloor. Wat kan nou ’n groter onreg wees? Die koue lug in die koelkas sit die rypwording stop, en dit is wat die tamatie sy geur gee. Die koue omgewing gaan ook die tamatie se tekstuur verander. Blykbaar breek dit die membrane in die vrug af en maak dit melerig. Hou tamaties in ’n bak of mandjie op die toonbank.

2. Basilie

Basilie gaan gouer verwelk as dit in die koelkas gelos word. Dit gaan ook al die reuke absorbeer van die ander kos in die koelkas. Dit is beter om dit buite in ’n koppie water te hou, soos met blomme. As jy dit lank wil hou, moet jy dit blansjeer en dan vries.

3. Aartappels

Wanneer jy ’n aartappel in dis koelkas hou, verander die koue temperatuur die stysel daarin vinniger in suiker. Berg dit liewer in ’n papiersak op ’n koel plek (nie koud nie). Berg dit op ’n donker plek, soos in jou spens. Papiersakke werk beter as plastieksakke omdat dit beter ventilasie het en die aartappels dan nie so gou sal vrot nie. Dieselfde geld vir patats.

4. Uie

Wanneer jy uie in die koelkas sit, maak die klammigheid dit mettertyd sag en muwwerig. Berg dit op ’n koel, droë plek.

5. Avokado’s

As jy avokado’s wil rypmaak, moet jy dit beslis nie in die koelkas sit nie. Maar as jy ’n ryp avokado het wat jy binnekort gaan gebruik, kan dit maar koelkas toe gaan.

6. Knoffel

In die koelkas gaan knoffel later begin uitbot; dit kan ook rubberig en muwwerig raak. Hou knoffel liewer op ’n koel, donker plek.

7. Brood

Jou koelkas gaan brood vinnig uitdroog. Tensy dit gewone gesnyde brood is wat jy binne ’n paar dae wil gebruik, moet jy dit op die toonbank of in die vrieskas hou. Jy moet die brood binne vier dae eet, dit sny wanneer jy dit gaan eet en die res vries. Brood in die vrieskas moet toegedraai word sodat dit nie uitdroog nie, en wanneer jy dit uit die vrieskas haal, moet jy dit stadig en heeltemal laat ontdooi voor jy dit eet of rooster.

8. Olyfolie

Jy moet olyfolie op ’n koel, donker plek hou. In die koelkas gaan dit kondenseer en verhard tot dit amper soos botter is.

9. Koffie

As jy koffie in die koelkas los, sal dit sy geur verloor en ander kos in die koelkas se geur aanneem. Jy moet koffie op ’n koel, donker plek hou waar dit sy geur en varsheid gaan behou. Maar jy kan wel groot hoeveelhede koffie in die vrieskas berg.

10. Heuning

Dit is glad nie nodig om heuning in die koelkas te hou nie; dit kan vir ewig vars bly mits jy dit goed verseël. Heuning in die koelkas sal kristalliseer.

Bron: Huffington Post