Daardie skoonmaakmiddel wat jy daagliks gebruik om jou kombuiskaste en werkoppervlakke mee skoon te maak, kan baie duur wees. Doen die moeite om jou eie te maak met kruie uit die tuin.

Skoonmaker vir alle oppervlakke

hand vol roosmaryn, tiemie of salie

300 ml water

2 e koeksoda

8 druppels suurlemoensap

Plaas die kruieblare en -takkies in ’n kastrol. Voeg die water by, plaas die deksel op en bring tot by kookpunt. Verlaag die hitte en laat prut 20 minute. Haal van die stoof en laat afkoel. Giet deur ’n sif in ’n spuitbottel. Voeg die koeksoda en suurlemoensap by. Draai die prop toe en skud die bottel goed.

Hierdie vloeistof kan gebruik word om wasbakke en badkamer- en kombuisoppervlakke skoon te maak. Dit hou tot ’n week in die yskas.

Bron: New Book of Herbs deur Jekka McVicar, uitgegee deur Dorling Kindersley