Paslakens is opsigselwers 'n wonderlike ding. Maar o weë, wanneer dit by opvoutyd kom is dit 'n ander storie.

Dit bondel, dis skeef, dit kreukel en dit dryf jou geheel en al teen die mure uit.

Ons het hierdie video opgespoor wat die pyn uit paslakens gaan haal. Eenvoudig, maklik en die eindresultaat 'n opgevoude paslaken wat al te netjies lyk.