Ongelukke gebeur in ’n oogwink, maar ons het nie almal ’n noodhulpkursus voltooi nie. Nogtans moet ons weet hoe gemaak wanneer iemand in jou teenwoordigheid seerkry.

Daar is vier verskillende soorte brandwonde, ingedeel volgens die oorsake:

  1. hitte, byvoorbeeld vuur, stoom of warm vloeistowwe;
  2. elektrisiteit;
  3. die son;
  4. en chemiese stowwe.
Die ernstigheid van brandwonde word gemeet in die diepte van die wonde (uitgedruk in grade van een tot vier) en die grootte van die wond (uitgedruk in ’n persentasie van 1 tot 100): Grade
  • 1ste graad: Die vel is rooi, gevoelig en gewoonlik klam. ’n Ligte koors, rusteloosheid en hoofpyn kan voorkom.
  • 2de graad: Die vel is beskadiging en blase kan voorkom. Die pyn is erger en die rooiheid helderder.
  • 3de graad: Die vel is diep beskadiging en vertoon helder rooi, wit of swart. Dis moontlik dat jy geen pyn ervaar en nie blase het nie, aangesien die senuwees ook gebrand is.
  • 4de graad: Die vel is beskadiging tot op die spiere en been.

Persentasie

  • Groote van een hand = 1 persent
  • Kop en nek = 9 persent
  • Een hand en een arm = 9 persent
  • Een voet en een been = 9 persent
  • Bors en maag = 18 persent
  • Rug, insluitend die boude = 18 persent
  • Geslagsdele =1 persent

Die persentasies van al die aangetasde dele word bymekaargetel om die ernstigheid te bepaal:

  • Min = 15 persent
  • Matig = 15 – 49 persent
  • Groot = 50 – 69 persent
  • Reusagtig = 70 persent en meer

Wanneer moet ek die persoon liewer hospitaal toe neem en wanneer kan ek ’n brandwond tuis behandel?

  • Die meeste eerstegraadse brandwonde wat minder as 15 persent van die liggaam bedek, kan gerus tuis versorg word.
  • Alle kinders onder twee moet dokter toe gebring word vir ’n ondersoek.
  • Wanneer daar meer as 70 persent brandwonde is, moet die slagoffer dadelik hospitaal toe gebring word.
  • Wanneer die slagoffer se bewussyn aangetas is, moet sy dadelik hospitaal toe gebring word.
  • Enige derdegraadse brandwonde moet dadelik hospitaal toe gaan.
  • Almal wat brandwonde weens elektrisiteit opdoen, moet deur ’n dokter ondersoek word.
  • As sy hande, voete, geslagsdele of gesig gebrand het, moet ’n dokter dadelik die wonde ondersoek.
  • Chemiese brandwonde wat blase maak, moet ook dadelik deur ’n professioneel ondersoek word.

Behandeling: Elke soort brandwond moet verskillende behandel word.

Brandwonde weens hitte

  1. Blus die vuur. As die slagoffer nog brand, draai haar in ’n kombers of handdoek toe om die vlamme te blus.
  2. Moenie enige room, botter, kleefband of boereraat naby of op die brandwonde gebruik nie; dit kan die hitte binne hou.
  3. Moenie enige kledingstukke wat vasgebrand het, verwyder nie.
  4. Verwyder juweliersware voor die aangetaste dele begin swel.
  5. Vir klein brandwonde, dompel die gebrande deel in koue water (nie yswater).Beperk die indompelingstyd tot vyf minute op ’n keer om ’n dooie gevoel en verkluiming te voorkom. Jy kan ook klam lappe op die aangetaste dele plaas vir 10 minute tot ’n kwartier op ’n slag; dit sal die pyn en swelling verlig.
  6. In die geval van ’n ledemaat, lig die aangetaste deel die eerste 24 uur lank bokant die hart se vlak.
  7. Aloe vera-jel kan gebruik word vir eerstegraadse brandwonde, maar lees eers die voubiljet, want sommige jels bevat alkohol of parfuum. Dit kan die vel irriteer. Die jel kan in die koelkas verkoel word vir groter verligting.
  8. Lokale verdowingsalf wat sonder ’n voorskrif gekoop word, kan help met pynverligting.
  9. Moenie blase stukkend steek nie, want dit kan lei tot ontsteking.
  10. Was die wond een keer per dag met ’n antibakteriese seep en wend antibiotiese salf aan.
  11. Indien die blase wel breek verwyder enige los velle versigtig.
  12. Neem baie vloeistowwe in om ontwatering te voorkom.

Brandwonde weens elektrisiteit

  1. Indien daar enige drade naby die persoon is, skakel dadelik die kragtoevoer af of ontkoppel die toestel. Moenie net die toestel by die kragtoevoer afskakel nie.
  2. Indien dit onmoontlik is om die kragtoevoer af te skakel, isoleer jou deur jou hande behoorlik droog te maak en droë handskoene of ’n droë lap te gebruik om aan die slagoffer te vat.
  3. Staan op ’n geïsoleerde oppervlak byvoorbeeld papier of ’n handdoek. Moenie direk op die grond, metaal of enigiets nats staan nie.
  4. Verwyder die drade dan versigtig met ’n niemetaal, niegeleidende voorwerp, soos ’n besemstok of iets van rubber.
  5. Hou die slagoffer kalm en draai hom toe in komberse.
  6. Bedek alle oop wonde met gaas of verbande.
  7. As daar bloeding is, beperk dit deur drukking toe te pas op die wond.
  8. Neem die slagoffer na ’n dokter of hospitaal.

Brandwonde weens die son

  1. Plaas ’n nat lap op die wond om brandgevoel te verlig.
  2. Gee vir die persoon heelwat vloeistof om te drink.
  3. 3.    Tap vir die persoon ’n louwarm bad met koeksoda in.
  4. 4.    Bepaal hoe ernstig die wonde is en besluit of die slagoffer ’n dokter moet spreek.
Brandwonde weens chemiese stowwe
  1. Spoel die aangetaste deel vyf minute onder lopende koue water af. Sorg dat die vuil water wegloop en nie enige ander dele van die slagoffer of jou aanraak nie.
  2. Indien dit ’n groot brandwond is, moet die slagoffer plat lê op pad hospitaal toe sodat sy bloeddruk nie daal weens die skok nie.
Wat het ek in my noodhulpkissie nodig?

  • ’n Klein skêr.
  • Aloe vera-jel wat nie alkohol of parfuum bevat nie.
  • Lokale verdowingsalf
  • Antibakteriese seep
  • Antibiotiese salf
  • Verbande en gaas
  • Koeksoda
  • Watte en gaas om die wonde skoon te maak

So kan jy brandwonde voorkom:

  • Hou ’n brandblusser naby elke vuurmaakplek. Gebruik dit net vir klein brande.
  • Moenie los klere naby ’n vuur dra nie.
  • Moenie in die bed rook nie.
  • Draai alle handvatsels van potte en panne na agter op die stoof.
  • Moenie ’n vuurwerk aansteek terwyl jy dit vashou nie.