Beet is nie net die groentewêreld se kleurrykste en helderste lekkerny nie; dit het ook ’n merkwaardige soet smaak en gladde tekstuur. Dis veelsydig en is veral lekker saam met vleis, onder meer wildsvleis, en is heerlik in die somer en winter. Carmen Niehaus, Huisgenoot en You se kosredakteur, gee drie maklike en heerlike wenke met hierdie groente.

  • As ’n doopsous

Maak jou partytjiehappies pragtig. Skil en rooster die beet en plaas dit in ’n voedselverwerker saam met olyfolie, knoffel, koljanderblare en rissievlokkies. Wanneer glad, geur met sout en peper.

  • In ’n slaai

Vir ’n heerlike somerslaai, was die beet, sny in helftes en plaas in ’n oondskottel. Drup olyfolie bo-oor, geur met sout en swartpeper en rooster tot sag. Meng met slaaiblare en fetakaas en giet ’n heerlike slaaisous bo-oor, gemaak van suurlemoensap, olyfolie, knoffel, sout en peper.

  • Maak ’n blatjang

Die soet smaak van beet maak ’n heerlike blatjang vir koue of geroosterde vleis. Dit kan ook saam met sterk kaas geniet word. Kook ’n gesnyde rooi-ui tot sag en voeg 300 g gerasperde beet by. Voeg ook by: ? koppie balsemieke asyn, ? koppie rooiwynasyn, ? koppie bruinsuiker en 1 steranys. Kook tot dik en laat afkoel voor jy dit voorsit.

carmenafter picsDEUR Carmen Niehaus, Huisgenoot en YOU se kosredakteur