Om jou te help met die huisskoonmakery, het ons vier praktiese selfoon-apps gekies wat jou jou huistakies kan help takel.

Vir dié wat nie weet waar om te begin as dit by skoonmaak kom nie, is BrightNest die perfekte en goedkoop oplossing vir jou – dit is verniet.

Hierdie app leer jou hoe om na jou huis om te sien. Hier sal jy effektiewe wenke kry vir verskeie areas in jou huis tot watter produkte jy kan gebruik om van vlekke ontslae te raak.

Lees ook: Huisskoonmaak kan jou rietskraal maak

En as die sweetdruppels te veel raak, kry jy selfs rustye!

Unfilth Your Habitat sal die werk ook gedoen kry. Jy weet miskien hoe om alle areas in jou huis skoon te maak, maar het nie die motivering nie – Unfilth Your Habitat help jou om ’n lys van huistakies op te stel en hou ook tyd vir elke takie. In hierdie app stel hulle mikpunte en uitdagings vir jou wat jou verder motiveer.

Dan is daar Tody wat bietjie duurder is maar sal verseker jou die taak help voltooi.

Tody slaan ’n in-diepte en praktiese manier aan mekaar om gereelde huistakies op ’n repeterende skedule te doen. In hierdie app moet jy aandui watter areas in jou huis jy wil monitor en skoonmaak. As jy begin, sal jy moet aandui in watter toestand die areas in daardie stadium is. Jy kan kies hoe gereeld elke area skoongemaak word en die onderskeie takies kry ook elk ’n sperdatum.

Lees ook: Vir gesonder spysvertering moet jy jou skoonmaakrooster verslap

Chorma for Chores is ’n app wat jou help om jou huistakies saam met jou vrou, man, kinders of huismaats te beplan. Daar is ’n beloning ook – jy kry punte as jy jou takies voltooi het. Die res van die mense in die huis kan ook die app aflaai en Chorma sinkroniseer tussen die toestelle om te reguleer wie doen wat – al is niemand tuis nie. Dit is boonop verniet!

Nou is daar geen verskoning om daai stoflap en stofsuier te nader nie!

Bronne: macworld.com, mashable.com

Ander stories op Huisgenoot.com:

Daar slaan Pastoor 007 se ‘swendelaar’ so waar as vet glo weer toe!

Twee sterf, 32 gehospitaliseer ná talle jonges gewilde nuwe dwelm by partjie gebruik

Kyk: Dodelike bruinslang kom sy moses teë . . . en dit teen ’n spinnekop!

Erik Holm: ‘As ek die glasvenster kan breek, sal ek weer loop’

Pedro Kruger: ‘Jongmense hoef nie dieselfde foute as ek te maak nie’