Vakansie-doending vir die dag: Stap-vir-stap aanwysings om ’n maklike diamant-vlieër te maak. Voltooide vliëer van agter op planke Julle het nodig

rolletjie bruinpapier met ’n kleur aan die een kant OF koerantpapier

potlood

skêr

kunsvlytmessie

potlood of koki

2 dun reguit latte van hout of bamboes

rolletjie tou krammasjien of sterk kleefband sterk gom soos Bostik of gomgeweer stukkies afvallint of -lappies vir die stert leë tolletjie of kort stokkie wat gemaklik in jou hand pas Maak so 1 Teken met die potlood ’n volmaakte vierkant op die bruin- of koerantpapier. Ons s’n was 45 cm x 45 cm.

Vierkant bruinpapier2 Knip die vierkant uit.

sker sny vierkant uit3 Draai die vierkant sodat dit soos ’n diamant lyk en vou in die helfte sodat dit ’n driehoek vorm.

papier gevou om driehoek te vorm4 Vou oop en plaas een lat op die vou. Dis die vertikale lat of “ruggraat” van jou vlieër. Sny die lat met die messie sodat dit presies van die een punt van die diamant na die ander strek (dit moet dus nie oorsteek nie).

papier oopgevou met lat in5 Plaas die ander lat dwars oor die vertikale lat ’n entjie bo die middel van die papier om ’n kruis te vorm. Dis die dwarslat. Sny die punte af sodat die dwarslat netjies op die buiterande van die papier rus. Dis belangrik dat die 2 dele van die dwarslat weerskante van die vertikale lat presies ewe lank is.2de dwarslat bygevoeg6 Bind die 2 latte in die middel stewig aan mekaar vas met die tou (of wol). Julle kan dit ook vasgom om dit ekstra stewig te maak.

7 Vou nou die 4 buiterande van die papier om om ’n netjiese soom te vorm en kram of plak die soom vas.

buiterande omgevou8 Maak die stert Bind ’n stuk tou aan die onderste punt van die diamantvorm vas. Knoop stukkies afvallint of -lap in strikkies om die tou.

stert vasgesit 9 Draai die orige tou om die tolletjie of kort stokkie. Bind die buitenste punt van die tou net bo en onder die kruispunt van die twee latte vas. Dis die tou waaraan julle die vlieër vashou wanneer julle dit laat vlieg.

Visuele leiding en stilering Tina-Marié Malherbe

Produksie Marianne Burke

Illustrasies Anton Vermeulen

Foto Peet Mocke