Vanjaar word daar op Sondag, 9 Oktober, amptelik Tuindag gevier. En dié twee planmakers het iets bedink wat jou behoorlik gaan laat tiekiedraai van plesier: 'n swaai vir jou tuin.

Jy het die volgende nodig:

'n Sterk boom,

'n Elektriese boor

'n Skaaf

Stapelbord ("palette")

Tou

Hake ("carabiners")

'n Stoflap

Kleeflint

Kyk hier hoe timmer Suzelle die kontrepsie aanmekaar:

Die doel van Tuindag is om Suid-Afrikaners byeen te bring om een van die eenvoudige plesiere in die lewe – tuinmaak – te waardeer en geniet. Die feesvieringe het ook ten doel om ’n sterk tuinmaakbeweging van stapel te stuur om ’n liefde vir tuinmaak by Suid-Afrikaners te kweek en om die jongspan aan te moedig om te begin tuinmaak en die beloning daarvan te ervaar.

Nog ’n belangrike rede om tuindag te vier, is dat tuinmaak ’n positiewe uitwerking op ons geestelike en fisieke gesondheid het – en die wetenskap ondersteun dié bevinding.

Volg Tuindag Suid-Afrika in die sosiale media en deel jou partytjiefoto's aanlyn met die hutsteken #TuindagSA.

Twitter: @gardendaysa

Instagram: /gardendaysa

Twitter- en Instagram- hutstekens: #GardenDaySA #TuindagSA

Facebook: /garden-day-sa