Kry so die meeste uit bevrore groente

  • Een van die beste maniere om die smaak en tekstuur van groente te behou is om dit reg te berei. Vir die beste resultate, volg altyd die aanwysings op die verpakking.
  • Dit is belangrik om nie bevrore groente te laat ontvries voor jy hulle kook nie. Kook bevrore groente altyd direk uit die vrieskas.
  • Hou al die goedheid binne-in verseël deur die bevrore groente in vinnig kokende water en vir die korste tyd moontlik te kook. Onthou om net genoeg water te gebruik om die groente te bedek; te veel water kan die groente laat pap raak.
  • Kyk dat die bevrore groente wat jy koop wel bevrore is. Moet nooit produkte koop wat half ontvries is nie en moet nooit bevrore groente laat ontvries en dan weer vries nie.
  • Bevrore groente smaak van nature lekker, maar as jy nog ’n bietjie geur wil byvoeg, gebruik vars kruie en/of speserye of olyfolie.
  • Groente smaak op hul lekkerste al dente. Al dente is ’n Franse term wat “gaar maar nog ferm” beteken. Dit verseker dat die groente deurgaar is, maar effens krakerig bly.
  • Sit dit dadelik voor nadat jy dit gekook het om te sorg dat jy die geur en voedingswaarde behou. Hoe korter jy groente kook, hoe minder kleur en voedingswaarde gaan verlore.

Bron: McCain Foods