1. Gebruik aanhalings wanneer jy na ’n presiese frase soek.

As jy aanhalingstekens gebruik, sal jou soektog slegs bladsye oplewer wat daardie presiese woorde in die presiese volgorde bevat.

2. Gebruik ’n asterisk binne aanhalings om aan te dui dat woorde in die soektog onbekend of veranderbaar is.

Met hierdie wenk kan jy verseker dat Google na daardie spesifieke woorde soek, maar ook dat hy sal soek na ander woorde wat ook in die sin pas. Dis veral nuttig wanneer jy die lirieke van liedjies soek, maar nie seker is wat die presiese woorde is nie.

3. Gebruik ’n minusteken om resultate wat sekere woorde bevat, uit te skakel.

So kan jy resultate vermy wat nie betrekking het op jou soektog nie. Tik byvoorbeeld “jaguar-car” in indien jy soek na die dier en nie die motor nie.

4. Soek deur webtuistes na sleutelwoorde.

Met hierdie funksie kan jy resultate slegs op ’n sekere webtuiste soek. As jy byvoorbeeld wil kyk hoeveel keer Huisgenoot.com die naam “Oscar Pistorius” genoem het, tik “Oscar Pistorius site: Huisgenoot.com” in.

5. Soek deur ou nuusargiewe.

Google News het ’n opsie om deur meer as ’n honderd jaar se nuusargiewe wêreldwyd te soek.

6. Vergelyk deur “vs.” in te tik.

As jy nie kan besluit wat jy vir aandete wil eet nie, tik byvoorbeeld “pizza vs. hamburger” in om ’n vergelyking van elkeen se voedingswaarde te kry.

7. Kry die regte resepte vir jou.

As jy intik “your favorite food” en dan op “Search Tools” net onder die soekgleuf druk, sal jy deur resepte kan sif wat gebaseer is op bestanddele, kooktye en kiloujoules. Dis ideaal wanneer jy byvoorbeeld sekere kossoorte nie kan eet nie.

8. Gebruik “DEFINE” om definisies van woorde, ook dié van informele taal, te kry.

As jy byvoorbeeld “DEFINE: mortgage” intik, sal jy woordeboekdefinisies kry, etimologie en ’n grafiek om te wys hoe gewild die woord oor tyd was. Jy kan op dieselfde manier ook sleng of informele taal opsoek.

9. Draai jou skerm deur “tilt” in te druk.

Dis sommer net vir pret. Tik “tilt” in die soekgleuf en kyk wat gebeur!

10. Tik “Atari Breakout” in om dit aanlyn te speel.

Speel hierdie legendariese baksteenbreekspeletjie deur dit te soek op Google Images en speel verniet.

11. Soek beelde met beelde.

Al ooit ’n foto gesien en gedink dit lyk bekend? As jy die prentjie of foto aflaai en dit dan op Google Images soek met die kameraknoppie, sal jy soortgelyke beelde of presies dieselfde beeld op die internet kry.

12. Druk die mikrofoonknoppie op Google se soekgleuf en sê “flip a coin” of “heads or tails”.

Nou kan jy sommer vir Google kry om vir jou ’n munt op te skiet.

13. Druk op die mikrofoonknoppie en sê “give me love” of “I love you”.

En voila! Daar het jy ’n lekker manier om jou geliefde se knieë lam te maak.

Bron: TIME