Is jy bekommerd oor die groot familie wat jy die Paastyd moet onthaal?

[caption id="attachment_121088" align="alignnone" width="600"]Mynhardt en Tiaan sê hoe jy die groot familie moet onthaal. Foto: Peet Mocke Mynhardt en Tiaan sê hoe jy die groot familie moet onthaal. Foto: Peet Mocke [/caption]

Lees ook: ‘As ek die glasvenster kan breek, sal ek weer loop’ – Erik Holm

Hulle is in 2016 weer ’n gedugte span by Die Burger se opwiprestaurant by die Klein Karoo Nasionale Kunstefees op Oudtshoorn.

[caption id="attachment_121089" align="alignnone" width="600"]Mynhardt en Tiaan het ’n paar ou Huisgenote in die hande gekry. Foto: Peet Mocke Mynhardt en Tiaan het ’n paar ou Huisgenote in die hande gekry. Foto: Peet Mocke[/caption]

Lees ook: Kom vier ons 100ste verjaarsdag saam met ons op 26 Maart 2016 by die KKNK!

MYNHARDT GEE RAAD

? Besluit hoeveel jy wil spandeer en hou daarby. ’n Mens kan baie maklik oorboord gaan wanneer jy eers met aankope begin.

? Gebruik die goed in jou huis wanneer jy die tafel dek en die tafelversierings doen. Gebruik ouma se ou glase en borde en herwin soveel as wat jy kan.

? Wees innoverend wanneer dit by vleissnitte kom. Mense was in die verlede bang vir iets soos vark, maar jy kry vreeslik lekker varkfilette en jy kry selfs gerookte varkfilette. Jy kan dit interessant voorsit. Gee dit ’n Oosterse smaak of hou dit tradisioneel met ’n twist.

? Gaan kyk na Ouma se resepte en doen goed wat tradisioneel en eg Suid-Afrikaans is. Behou ook so ’n bietjie van die nostalgie en die outydse konsepte.

? Geniet die proses en moenie te veel stres nie. Geniet elke stap en die manier waarop jy dit aanmekaar sit. Dit word oorgedra in die kos en skemer deur in dit wat jou gaste proe en ervaar.

[caption id="attachment_121090" align="alignnone" width="600"]Hulle geniet ’n blaaskans by die KKNK tussen deur die kokery. Foto: Peet Mocke Hulle geniet ’n blaaskans by die KKNK tussen deur die kokery. Foto: Peet Mocke[/caption]

Lees ook: ‘Jongmense hoef nie dieselfde foute as ek te maak nie,’ sê Pedro Kruger

TIAAN GEE RAAD

:

? Jy moet probeer om voor jou gaste te kook en interaktief te wees wanneer jy besig is. As jy alleen in die kombuis staan en kook verloor jy omtrent ’n hele dag. As jy vir mense om die kombuistafel kan kook en bedien is dit nog beter.

? Probeer bykosse of nagereg voorsit wat jy voor die tyd kan maak. Jy kan maklik ’n poeding soos tuisgemaakte roomys en ingemaakte slaai die dag voor die tyd aanmekaar slaan.

? Besoek markte in plaas van supermarkte en kook met goed wat in seisoen is. ’n Mens kry goed soos aarbeie en aspersies die hele jaar lank, maar dit is op hul lekkerste wanneer dit in seisoen is. Die oomblik wat jy iets soos ’n aspersie of aarbei buite seisoen sien, moet jy weet dit is ingevoer of in ’n tonnel gekweek.

? Probeer een kostydskrif per maand koop. Jy hoef nie nooodwendig die resepte te volg nie, maar gebruik dit as inspirasie. As jy resepteboeke digitaal lees kan jy dit maklik stoor deur net ’n skermgreep daarvan te neem.

? Kook met vars kruie. Beter nog, kweek jou eie kruie. Ek het die kleinste stoep in die hele wêreld, maar ek het onlangs twee plantbokse gekry. Of kry net ’n pot met grond en koop ’n R10-plantjie. Sodra jy daarvan pluk, groei dit net weer.

? Moenie dat resepte wat gespesialiseerde toerusting benodig jou afsit nie. Daar is maniere om verby dit te kom. Jy het nie ’n roomysmasjien nodig om roomys te maak nie. Google dit net en jy sal ’n ander manier kry.

– Marelize Potgieter

Ander stories op Huisgenoot.com

Kyk: ’n Bok ry staan-staan op dié wonderlike donkie se rug?

Kyk: Mynie Grové en Karen Zoid gee die lied ‘Sweef soos ’n arend’ nuwe vlerke

Só vier SA bekendes soos Elvis Blue, Johan Stemmet en Rina Hugo Paasfees

Kyk: Dodelike bruinslang kom sy moses teë . . . en dit teen ’n spinnekop!