Is jy desperaat vir ’n blaaskans, maar weet nie wat om met jou vierpotige vriend te doen nie?

Of dalk kan jy dit eenvoudig nie oor jou hart kry om jou katjie of brak by die huis of in ’n hondeherberg te los terwyl jy op die strand uitspan nie?

kat en hond
Gelukkig het Suid-Afrika ’n hele rits troeteldiervriendelike blyplekke waar jy en jou dierekinders kan gaan uitspan.

Onthou dat heelparty plekke vereis dat jy vooraf reëlings tref om jou troeteldier saam te bring of net enkele kamers of wonings beskikbaar het vir gaste met troeteldiere.

Moet dus nie net aanneem nie en maak liewer vooraf kontak om te bevestig.

Die algemene reël is ook dat troeteldiere goed gemanierd en rustig moet wees. Sommige plekke laat ook nie groot troeteldiere toe nie.

As jy ’n Kaapse draai maak dié vakansie, kan jy gerus by een van hierdie plekke inloer:

Bloubergstrand: The Blue Corner Guest House

Kampsbaai: The Bay Hotel

Hermanus: Eastbury Cottage

Stellenbosch: 401 Rozendal

Langebaan: The Farmhouse Hotel

Dié van ons wat in Pretoria uitspan, se dierekinders sal ewe lekker saambly by:

Pretoria-Oos: Sherewood Lodge

Arcadia: Court Classique Suite Hotel

Cullinan: KwaThabisile-wildsplaas

Brooklyn: Bwelani-gastehuis

Menlo Park: Alpine Attitude-hotel

Johannesburgers sal weer hier kan aanklop:

Lanseria: Hills and Dales

Sandton: Premiere Classe Suites

Parkview: Abigail's Bed and Breakfast

Muldersdrift: Apricot Hill Cottages

Fourways: Hoopoe Haven-gastehuis

In Durban is daar ook heelwat verblyf waar jou troeteldiere welkom is:

Umhlanga Rocks: Jessica's Bed and Breakfast

Margate: Anchorage South Coast

Hilton: Hilton View Bed and Breakfast

As jy die Tuinroete besoek, kan jy hierdie plekke oorweeg:

Knysna: Fern Gully Cottages

Victoria Baai: Hilltop Country Lodge

Mosselbaai: Blommekloof Country Cottages