1. Druk die voorgestelde beurtkrag-rooster uit en plak dit op die yskas sodat jy en jou gesin vir die kragonderbrekings kan voorberei.

2. Alarmstelsels, motorhuisdeure en elektriese hekke is almal afhanklik van elektrisiteit; maak dus seker jy het goeie batterye om tydens kragonderbrekings te gebruik. As jou alarmstelsel nie werk nie, wees ekstra versigtig en belê in ’n selfoonnoodkoppie wat nie afhanklik van elektrisiteit is nie.

3. As jy ’n koordlose foon gebruik, sal dit nie tydens ’n kragonderbreking werk nie; verseker dus dat jy jou selfoon gelaai het en dat hy byderhand is.

4. Gebruik LED-gloeilampies met herlaaibare batterye sodat jy dit tydens kragonderbrekings net kan aanskakel.

5. Maak seker jou rekenaar, skootrekenaar, selfoon en tablet is gelaai sodat jy dit steeds tydens ’n kragonderbreking kan gebruik.

6. Stoor ’n olielamp, flits of voorafgelaaide lamp in verskeie toeganklike plekke in die huis. Maak ook seker jy het baie gelaaide noodbatterye.

7. Maak ’n fles vol kookwater voor die krag afgaan sodat jy lekker warm koffie of tee kan drink.

8. As jou begroting dit toelaat, kan jy in ’n kragopwekker belê. Leer hoe om dit veilig te gebruik en toets dit maandeliks. Hou ook genoeg brandstof byderhand wat die kragopwekker ’n week lank kan laat werk.

9. Jou yskas en vrieskas se inhoud behoort oornag koud of bevrore te bly as jy nie die deure aanhoudend oop- en toemaak nie.

10. Die meeste veiligheidsmaatskappye dek net vir diefstal as jou alarmstelsel aangeskakel is. Tydens ’n kragonderbreking is die alarm nie aangeskakel nie en kan dit jou eis teoreties negatief beïnvloed. Bel jou maatskappy vooraf en maak seker jy is gedek.

11. Maak ook seker of jy gedek word as jy ’n ongeluk maak weens verkeersligte wat nie werk nie. Maar wees altyd op jou hoede wanneer jy sien die krag is af; onthou, ’n kruising moet soos ’n vierrigtingstopstraat behandel word wanneer die verkeersligte nie werk nie.

Bron: Dial Direct