Het jy ’n lekker resep op die internet gesien maar nou is dit vol Amerikaanse terme? Ons Pinterest-blogger het vyf omskakelingstabelle opgestel waarin buitelandse kosname, mate, gewigte en temperature verduidelik word.

EEN van die grootste lekkertes van Pinterest is dat dit soos ’n oneindige kookboek met bydraes deur knap kokke van oor die wêreld heen is. Maar hoeveel keer het jy al besluit om eerder maar nie daardie knewelgarnaal-en-sneeu-ertjieslaai met cilantro-bedruipsel op ’n bed van arugula te maak nie omdat jy die helfte van die bestanddele nie herken nie? Of omdat die afmetings en oondtemperature almal in imperiale mates aangedui word?

Party van die watertand-geregte wat ons dié week op Huisgenoot en YOU se  Pinterest Kos/Food-bord vasgesteek het, is voorbeelde daarvan. Ek het die inligting bymekaargemaak waarna ek as Suid-Afrikaanse huiskok die meeste soek en dit in vyf tabelle uiteengesit. Ek hoop dit sal vir julle nuttig wees. Onthou net, die omskakelings is benader en dus nie vir fyngebak geskik nie.

– Alfie Steyn

Wat is dit\

Hoe warm

Volume Afr

Gewig

Koppies

Volg Huisgenoot op Pinterest