Van Saterdag 3 Desember kan jy ook by hom en sy vrou, Mareli, kom aansit in Bertus se Feestafel op VIA (DStv-kanaal 147). Dié uur lange feesbonanza sal jou wys hoe jy op ’n eg Suid-Afrikaanse en byderwetse manier in Desember kan feesvier.

Hier is Bertus se 16 topwenke vir hoe jy dié somerfeestyd jou vriende en familie kan beïndruk sonder agter die warm kospotte te sweet.

  1. Kook met bestanddele waarmee jy gemaklik is. As jy goed is met beesvleis, kies dit. As jy ’n talent het vir vis, maak vis.
  2. Koop en kook met plaaslike bestanddele. Bertus sê: “Daar is geen rede om salm van Noorweë af in te voer as ons vissermanne die lekkerste lynvis net hier anderkant vang nie.
  3. As jy kan, plant jou eie bestanddele. Kweek pietersielie op jou balkon. Bertus sê: “Ek kan nie sien hoekom mense enigiets anders in hul tuin sal plant as kos nie. Andersins, steun die plaaslike mark soveel jy kan. Dit stimuleer ook die gevoel dat jy hier hoort.”
  4. Vermy borde kos wat individueel opgeskep moet word. Dit plaas onnodige druk op jouself.
  5. Maak groot hoeveelhede kos wat almal kan deel.
  6. Sit ’n verskeidenheid koue vleise en vars slaaie voor wat kan staan. Op dié manier kan jy eers jou wyn klaarmaak en hoef jy nie te bekommerd te wees oor die kos wat af gaan nie.
  7. As jy nie van kalkoen of gans hou nie, moet dit nie maak nie. “Dié feestydtradisies is Amerikaans en Brits. As jy nie gemaklik voel met die vleise wat hulle gewoonlik berei nie, moet dit nie doen nie.”
  8. Haal die druk van jouself af deur eenvoudige kos voor te sit en bring eerder meer tyd saam met jou vriende deur. Jy is immers die gasheer.
  9. Sit lekker, plaaslike wyn voor.
  10. Wees vrygewig met jou wyn. Die feestyd is ’n goeie verskoning om daardie spesiale bottel wyn wat jy al vir jare bêre met jou vriende en familie te deel.
  11. Maak seker alles wat jy voorsit bestaan uit vars produkte en werk rondom wat in seisoen en beskikbaar is.
  12. Moenie gevriesde produkte gebruik nie. Veral met vars kos, is die smaak nie van dieselfde gehalte nie.
  13. Skaf een goeie mes aan.
  14. Belê in goeie potte (of sit dit op jou Kersfeeslysie vir dié jaar).
  15. Maak kos wat jou gelukkig maak en jou karakter ten toon stel. Bertus sê: “As ek na my Indiese vriend gaan vir ete, verwag ek lekker Indiese kos.”
  16. As jy vasdraai, bel jou ma. Daar is ’n goeie rede hoekom daardie resep al vir generasies in die familie oorgedra word. Bertus sê: “Daar is niks fout daarmee om op jou ma se resepte staat te maak nie.”

Bertus se Feestafel is ’n uur lange feesbonanza wat op Saterdag 3 Desember om 17:30 op VIA (DStv-kanaal 147) uitgesaai word. Herhalings word op die volgende dae uitgesaai: 4 Desember om 21:00; 7 Desember om 19:00; 9 Desember om 19:00; 10 Desember om 21:00; 11 Desember om 14:30; 13 Desember om 13:00; en 15 Desember om 15:30.