Buiten die bier, braaispesery en jou beste pelle, is die belangrikste ding by ’n braai die vuur.

As jy hierdie Braaidag ’n held wil wees, volg dié maklike wenke om die vuur aan die brand te kry.

Dit het jy nodig:

  • ’n Braaier (ingebou of draagbaar)
  • Genoeg droë hout (gebruik plaaslike hout: rooikrans, wingerdstompies, swartwattel, sekelbos of mopanie)
  • BIC-vuuraanstekers
  • ’n BIC-aansteker

So bou ’n mens ’n goeie braaivuur:

  • Stap 1: Pak twee stukke hout parallel met mekaar en laat ’n gaping so wyd soos die hout tussenin. Sit blokkies BIC-vuuraanstekers in die gaping. BIC-vuuraanstekers word afsonderlik toegedraai – dus sal jou hande skoon bly. Pak nog twee stukke hout bo-op die eerste twee teen ’n 90 °-hoek. Hou aan tot jy 12 stukke hout het of jou hout op is. WENK: Gebruik al die gesplete hout eerste, want dit sal die vinnigste aan die brand slaan. Gebruik die ronder stukke met bas aan die bopunt.
  • Stap 2: Steek die BIC-vuuraanstekers aan. As jy die hout reg gepak het, behoort jou vuur te brand. As dit nie brand nie en die vuuraanstekers het uitgebrand, is die hout te nat. Skuif nog vuuraanstekers in die gaping aan die onderkant in en steek dit aan. BIC-vuuraanstekers kan tot 17 minute lank brand.
  • Stap 3: Wanneer die vuur brand, los dit en steek eers jou hand na die braaitang uit wanneer die toring intuimel. Beweeg stukke hout terug na die hoop brandende kole en wag tot al die hout in kole verander. Dit duur gewoonlik sowat 40 minute tot ’n uur met gewone, droë braaihout.
  • Stap 4: Sprei die kole met die braaitang in ’n egalige laag uit. Laat hang die braairooster daaroor (’n driepoot of baksteen onder elke hoek behoort die ding te doen).
  • Stap 5: Begin braai en sorg dat jy iemand aangewys het om vir jou drankies aan te dra sodat jou keel nat bly terwyl jy op braaidiens is.