’n Mens staan verstom oor die dubbele werk wat deur so baie huishoudelike produkte verrig kan word: Tandepasta wat nie net tande kan skoonmaak nie, maar ook DVD's, silwergoed en goud. Hier is ’n paar bakgat wenke om ’n gereg te red:

OORWELDIGENDE KERRIESMAAK

As jou kerrie te sterk is, voeg ’n bietjie suurlemoensap by om die byt effens weg te neem.

(Wenk deur Marlene Pieterse, Bloemfontein)

TE VEEL SOUT

Bestry te veel sout in ’n bredie of potjiekos deur ’n rou geskilde aartappel by te voeg. Dit sal die ekstra sout absorbeer. Verwyder die aartappel voor jy die gereg voorsit.

OORGAAR PASTA

Braai pap gekookte pasta liggies in ’n pan met olyfolie tot dit effens harder is.

TE VETTERIGE KOS

As ’n sop, sous of bredie te vetterig is, kan jy dit van die hitte verwyder en ’n ysblokkie byvoeg. Die ys sal die vet laat harder word sodat jy dit kan uitskep.

(Wenk deur Fatimah Mia per e-pos)

Het jy kreatiewe wenke wat jy brand om te deel? Stuur dit aan ons per e-pos by web@huisgenoot.com!