’n Mens staan verstom oor die dubbele werk wat deur so baie huishoudelike produkte verrig kan word: Tandepasta wat nie net tande kan skoonmaak nie, maar ook DVD's, silwergoed en goud. Hier is ’n paar bakgat wenke vir die kombuis:

Slim in die kombuis - wenke deur Huisgenoot-lesers. #HGwenk

PERE

Bêre pere in 'n papiersak saam met ’n appel om die pere vinnig ryp te maak.

(Wenk deur: Tina Krynauw van Tableview, Kaapstad)

AVOKADO'S

Plaas ’n piesang bo-op ’n avokado om hom vinnig ryp te maak.

PIESANGS

Groen piesangs word vinniger ryp as dit saam met ’n appel in ’n bruin papiersak geplaas word.

Het jy kreatiewe wenke wat jy brand om te deel? Stuur dit aan ons per e-pos by web@huisgenoot.com!