Wen jy jaarliks jou familie se potjiekoskompetisie of het jy nog nooit ’n pot aangedurf nie?

Laat die Potte Prut is ’n potjiekoskompetisie van die boonste rak. Dit is van 22 Augustus elke Maandag om 20:30 op VIA (DStv-kanaal 147) te sien.

Ons het die aanbieders, Frik Oosthuizen en Piet Marais, nadergehark en hul wenke vir ’n wenpotjie uitgevis:

  1. Die regte vleis en snit is uiters belangrik; besluit dus vroegtydig wat jy gaan gebruik.
  2. Jy moet die vuur in die potjie kan proe; dit is nie net ’n bredie op die kole nie.
  3. Braai die vleis bruin op die kole of rook dit liggies aan die kant om die gees van die hout in die gereg in te bring.
  4. Beheer die vuur se hitte goed.
  5. Moenie die pot te ingewikkeld maak nie, want dan vul die geure mekaar nie meer aan nie.
  6. Voeg elke bestanddeel op die regte tyd by. Sekere speserye moet gebraai of gebrand word om die beste geure vry te stel. Ander bestanddele soos suurlemoensap en vars kruie verloor vinnig smaak en is beter om net voor jy dit voorsit by te voeg.
  7. Groente moet die regte tekstuur hê: sag, murgsag of al dente afhangend van wat dit is.

[caption id="attachment_134159" align="alignnone" width="482"]xx Frik Oosthuizen en Piet Marais gaan hul potjiekoswenke met die nasie deel in Laat die Potte Prut.[/caption]

Het jy kreatiewe wenke wat jy brand om te deel? Stuur dit aan ons per e-pos by web@huisgenoot.com!