Hanteer jou werk soos ’n deskundige

Met die Google-kalender gesinchroniseer met jou Gmail- en Google Plus-rekenings, was dit nog nooit makliker om jou rooster te skaaf nie.

Bly op die hoogte van dit wat in jou lewe aangaan, weet wat jy behoort te doen, waar jy moet wees en hoe om daar te kom.

Aanmanings rakende waar en wanneer jou volgende afspraak is, sal verseker dat jy nooit weer laat is nie (hou net jou vinger van die sluimerknoppie af).

Beplan jou uitrusting

google app1

Google verskaf ’n tiendae-weervoorspelling vir enige stad wat jy kies.

Dit stel jou in staat om jou uitrusting vir die dag te beplan of jou tasse te pak indien jy op reis gaan.

Wees ingelig

google app2

Daar gebeur heeltyd allerlei goed in die wêreld en jy wil nie in die duisternis bly nie.

Onmiddellike verslae van wat plaaslik en in die res van die wêreld aangaan, beteken dat jy gedurig ingelig sal bly.

Word ’n kundige ten opsigte van politiek, buitelandse aangeleenthede en sakeontwikkelings.

Wees meertalig

google app3

Lees ook: WhatsApp verdwyn eersdaags van sommige selfone

Laat Google Translate jou help om deur elke taalgrens te breek – ideaal, of dit nou korrespondensie is met plaaslike mense wat ’n ander huistaal het of oorsese sakevennote in Europa.

Omskep hele webtuistes in Engels of leer eenvoudig hoe om “waar is die naaste kroeg?” te vra terwyl jy in die strate van Madrid ronddool.

Kommunikasie was nog nooit so maklik nie.

Wees ’n ‘local’

google app4

Google sal jou ’n lysie gee van al die gewilde goed wat in jou omgewing aangaan – of jy nou wil weet waar sekere plekke in jou tuisdorp geleë is en of jy jou in ’n vreemde stad bevind met niks om te doen nie – jy sal gou-gou iets vind wat in jou smaak val: van konserte tot kunsuitstallings tot nagklubpartytjies.

Weet wat jou geld werd is

google app5

Indien jy ’n geesdriftige reisiger, ’n aanlyn koper of belegger is, moet jy weet of jy goeie waarde vir jou geld kry.

Google dek al die geldeenhede en jy kan enigiets vind, van die Amerikaanse dollar tot by die Bhoetanese ngultrum, dadelik aangepas by die subtiele skommelings in die wêreldekonomie.

Bereken jou restaurantfooitjie

google app6

Lees ook: Beskerm só jou kind teen ongepaste inhoud op die internet

Die ongewildste deel van uiteet is om die rekening te bereken, en daar is altyd iemand wat afskeep met die fooitjie.

Tik “calculate tip” op Google in en jy kry ’n handige stukkie gereedskap wat die rekening vir jou sal opbreek en sal uitreken hoeveel elkeen die kelner skuld, dus neem dit die kopseer uit die na-ete-berekening. (Ja, dit verreken in dollar, maar die syfers kan steeds by enige ander geldeenheid aangepas word.)

Ontdek

google app7

Vind jou weg maklik in ’n nuwe stad: te voet, per openbare vervoer of per motor deur middel van Google Maps se stemgeleide draai-vir-draai-navigasie en jy sal nooit weer verdwaal nie.

Besigtig kunsgalerye oral ter wêreld

google app8

Google Art Project stel jou in staat om afbeeldings van kunswerke van superhoë gehalte in byna 600 internasionale kunsgalerye te besigtig.

Geniet al die voordele van kultuurvraat speel en waardeer moderne en klassieke kuns oral in die wêreld sonder die hemelhoë koste wat met reis gepaard gaan.

Gaan op ’n virtuele toer

google app9

Google se Cultural Institute het afbeeldings gemaak van talle van die wêreld se geskiedkundige en kulturele skatte – jy kan ’n interaktiewe toer onderneem op plekke soos Robbeneiland, gelei deur ’n voormalige politieke gevangene, die Nasionale Argief in Kenia of Machu Picchu en nog baie ander plekke.

Ander stories op Huisgenoot.com:

‘God het geweet waarom ons vir dié dag moes wag,’ sê familielid ná Zephany Nurse-uitspraak

Bobby van Jaarsveld wys sy klein prinses, Armani – kyk dié skattige foto!

Vrou vertel van haar Tinder-nagmerrie met ‘dokter’

Pa adverteer sy ‘fantastiese, godvresende, maagdelike’ dogter om potensiële kêrels te lok