Dis vrek irriterend.

Net wanneer jy dink jy het genoeg batterylewe sodat jou selfoon kan hou tot jy by die huis kom – boem! Daar vrek jou foon.

via GIPHY

Die goeie nuus is dat jy kan uitken wat jou battery tap en iets daaraan kan doen.

Gaan na Settings > General > Battery op jou iPhone. Dit sal vir jou die apps wat jou battery tap wys.

IMG_4866

Soos die nuttige funksie wys, is agtergrond-aktiwiteit een van die grootste sondaars op hierdie gebruiker se foon.

IMG_4867

Om dit op te los, gaan eers na Settings > General > Background App Refresh en maak seker dit is afgeskakel.

IMG_4868

Om apps af te skakel wanneer jy hulle nie gebruik nie, sal ook batterylewe bewaar.

As jy die Facebook-app gebruik, sal jy agterkom dit verskyn op die lys van die drie grootste sondaars.

Deur die Facebook-app van jou iPhone te verwyder en eerder deur jou blaaier na Facebook te gaan, kan jy jou iPhone se batterylewe met 15 persent verleng, berig The Guardian, wat dit beproef het. Hierdie truuk werk veral op Android-fone, berig die koerant.

Lees ook: WhatsApp het ’n opwindende nuwe funksie

Facebook was verlede jaar in die sop omdat die app outomaties video’s in die agtergrond speel, al het gebruikers dit nie oopgemaak nie. Dit het batterylewe beïnvloed en waardevolle data gebruik.

As jy nie gereed is om van Facebook afstand te doen nie, probeer die volgende:

  • Skakel jou Wi-Fi af;
  • Moenie die vibrasie-verstelling gebruik nie;
  • Maak apps toe wat jy nie gebruik nie;
  • Verminder die skerm se afskakeltyd;
  • Verdoof die beeld.

En as dit nie werk nie?

“Gaan terug na die Nokia 3210,” skryf The Daily Record.

“Dis die wonderlikste foon wat nog gemaak is. Dit het nie al die funksies wat moderne fone het nie, maar was fantasties vir SMS’e stuur en oproepe maak. Dit het ’n lang batterylewe gehad en sou nie breek nie, al het jy dit teen ’n muur gegooi.”