1. Pak reg. Stel vir jouself klein, haalbare mikpunte en moenie te veel gelyk probeer doen nie – dit gaan net onproduktief eindig. Begin met ’n laai in jou klerekas wat jy net nie kan netjies hou nie, of reorganiseer jou kombuiskas. Sodra jy klaar is daarmee, kan jy besluit of jy kans sien vir nog iets – dalk ’n boekrak of jou lessenaar by die werk.
  2. Stof jou oefenklere af. Met die mooier weer en langer dae is dit nou die ideale tyd om te begin oefen. Jy hoef nie duisende rande op ’n gimnasium-lidmaatskap te spandeer nie – gaan stap in ’n mooi park of spring springtou. Kyk hier  vir raad as jy wil begin draf.
  3. Beproef ’n nuwe resep. Loer in een van jou baie resepteboeke, of hier op ons webtuiste. Kies ’n resep waarby jy gewoonlik verbyblaai en probeer ’n slag iets met minder bekende bestanddele.
  4. Verander jou voorkoms. Nuwe sonstrepies of ’n korter haarstyl is dalk net wat jy nodig het om die nuwe seisoen in die oë te kyk. Of reorganiseer jou klerekas en kyk of daar nie dalk iets is wat jy lank laas gedra het nie.
  5. Belê tyd in jou geliefdes. Maak ’n slag tyd om iets lekkers saam met jou maat, ’n boesemvriendin of jou kinders te doen. Vra verskoning waar dit nodig is en neem die eerste tree om verhoudings te herstel wat dalk effens skipbreuk gely het.