Daarom deel Virseker dié praktiese wenke en noodnommers wat jy op jou telefoon moet berg:

  • Bel die polisie by 10111 (Nasionaal).
  • Vir ’n ambulans, bel 10177 (Nasionaal).
  • As jy vanaf ’n selfoon bel, kan jy 112 bel om verbind te word met jou sellulêre verskaffer se noodoproepsentrum. Hulle sal jou met die naaste nooddiens in aanraking bring.
  • Elke sellulêre netwerke het ook, behalwe 112, talle ander spesiale noodnommers wat jy kan bel. Bevestig met jou verskaffer wat hierdie nommers is.
  • In Johannesburg kan jy 011-375-5911 in enige noodgeval bel en jou oproep sal herlei word.
  • In die Stad Kaapstad se metropolitaanse gebied kan jy 107 bel (dis gratis van ’n landlyn of openbare telefoon af) in enige noodgeval of ramp.
  • Onthou: 107 sal nie op ’n selfoon werk nie. Om Kaapstad se noodoproepdiens van ’n selfoon af te bereik, moet jy 021-480-7700 bel. Standaardselfoontariewe geld.
  • Die privaat nooddiens Netcare 911 kan jy bereik by 082-911.
  • Bel die privaat nooddiens ER24 by 084-124.
  • Berg ’n goeie vriend(in) of familielid se nommer van op jou telefoon by “ICE” (In Case of Emergency). So sal noodpersoneel jou geliefdes kan laat weet wanneer jy beseer is en nie kan kommunikeer nie.

Dis ook belangrik om te onthou:

  • Jy kan noodoproepe vanaf jou selfoon maak, selfs wanneer jou lugtyd op is. Dit behoort selfs moontlik te wees sonder ’n SIM-kaart.
  • Noodoproepe geniet voorkeur. Wanneer die netwerk dus onder druk verkeer deurloop, sal ander oproepe afgesny word om jou noodoproep te beantwoord.