[caption id="attachment_117965" align="alignnone" width="600"]Foto: Pixabay Foto: Pixabay[/caption]

Lees ook: Dié WhatsApp-truuk kan jou baie ongemaklike oomblikke spaar

WhatsApp het ’n ingeboude funksie vir iPhone-gebruikers van dié gewilde kletsprogram waar hulle kan kyk met watter van hul vriende hulle al die meeste boodskappe gedeel het. (Dit werk net op iPhones.)

1. Gaan regs onder na “Settings”.

wa 1

2. Gaan na “Account”.

wa 2

3. Kies “Storage Usage”.

wa 3

Daar sal jy sien met wie jy al die meeste op WhatsApp gesels het, sowel as hoeveel boodskappe jy al altesaam gestuur het.

Lees ook: Die eenvoudige geheim om jou selfoon se batterylewe te verleng

Android-gebruikers word darem nie agterweë gelaat nie. Hoewel jy nie sal kan sien met wie jy tot dusver die meeste gesels het nie, kan jy gaan loer hoeveel boodskappe jy al gestuur het.

Volg dieselfde roete as iPhone-gebruikers: Gaan na “Settings” en dan na “Account”. Klik onder “Account” op “Network Usage”.

Moenie skrik as jy sien hoeveel duisende boodskappe jy al gestuur en ontvang het nie!

Dalk tyd om daardie duime bietjie te laat rus, of hoe?

Lees ook op Huisgenoot.com:

Al die Grammy-wenners vir 2016

Leonardo DiCaprio en Maggie Smith se oulike soenkamera-oomblik

Kantoorchaos kom tot ’n einde danksy ‘slim’ stoele

Eend of konyn? Watter een jy sien, verklap baie oor jou