Dit maak jou lam. Jy wil net vinnig nog ’n SMS of e-pos stuur of ’n oproep maak, maar weer het jou slimfoon se battery net ’n paar uur gehou en laat die ding jou gruwelik in die steek – gewoonlik ook wanneer jy dit die nodigste het.

[caption id="attachment_117458" align="alignnone" width="600"]'n Selfoon met 'n pap battery kan jou knieë lam maak. Foto: Pixabay 'n Selfoon met 'n pap battery kan jou knieë lam maak. Foto: Pixabay[/caption]

Hoe nou gemaak? Jou selfoonbattery kan aansienlik langer hou, maar jy gaan dalk nie hou van die oplossings om die batterylewe te rek nie.

Veral nie as jy verslaaf is aan sosiale media nie. . .

Lees ook: Hierdie webtuiste laat mense se iPhone ineenstort, maar is dit gevaarlik?

Deur die Facebook-app van jou iPhone te verwyder en deur Safari na Facebook te gaan, kan jy jou slimfoon se batterylewe met tot 15 persent verleng, het The Guardian bevind deur dit self te toets.

Hierdie klein truuk werk veral ook op Android-fone, berig dié koerant.

Facebook het verlede jaar onder skoot gekom toe die app byvoorbeeld outomaties video’s in die agtergrond begin speel het sonder dat gebruikers dit oopgemaak het. Hierdie funksie het waardevolle batterylewe en data gevreet.

Ari Grant van dié sosiale platform het met die bekendstelling van Facebook se nuwe weergawe gesê sekere “kwessies” is geïdentifiseer en aanpassings en verbeterings is gemaak.

Lees ook: Dié WhatsApp-truuk kan jou baie ongemaklike oomblikke spaar

Tog lyk dit of jy steeds batterylewe kan spaar deur die app heeltemal van jou foon te verwyder. Dit is egter nie nodig om die Facebook-boodskapfunksie (Facebook Messenger) te verwyder nie.

As jy doodbang is jy loop iets mis en nie Facebook van jou iPhone wil verwyder nie, kan jy een van die volgende doen:

  • Skakel jou Wi-Fi af;
  • Moenie die vibrasiefunksie gebruik nie;
  • Maak apps wat jy nie gebruik nie toe;
  • Stel jou foon dat die skerm vinniger sluit; en
  • Stel die vertoongehalte dowwer.

En as dit steeds nie werk nie? “Gaan terug na die Nokia 3210,” skryf The Daily Record.

“Dit is die wonderlikste foon wat nog gemaak is. Dit het nie al die funksies gehad wat moderne fone het nie, maar dit was fantasties vir die stuur van SMS’e en bel, dit het ’n baie lang batterylewe gehad en selfs al gooi jy dit teen ’n muur, sou dit nie breek nie.”

Bronne: The Guardian; The Daily Record

Ander stories op Huisgenoot.com:

Sterre skitter by Bolandse première van Vir Altyd

Sexy Bobby slaan asems weg met Engelse musiekvideo

Kyk net hierdie bekendes se verborge talente

Hoe nou? Kyk net watter lawwe verskonings gebruik mense om weg te bly van die werk af!

Nuttige veiligheidswenke om jou spruit te beskerm

Wat is die gevaarlikste dier ter wêreld???