[caption id="attachment_129558" align="alignnone" width="600"]Foto: wenn.com Foto: wenn.com[/caption]

Maar nou het uitvinders iets uitgedink wat wasdag makliker (en waarskynlik baie lekkerder) kan maak: ’n Robot wat jou klere binne ’n minuut opvou, versag, steriliseer en laat lekker ruik.

FoldiMate is ontwerp om langs jou wasmasjien te staan.

Lees ook: Hou jou kamer netjies

Sodra jou klere droog is, kan jy dit by die masjien invoer.

Daar binne neem die robot oor en vou jou klere elke keer perfek op.

Dalk dink jy jy kan jou klere self opvou, maar hierdie masjien het ’n ander groot pluspunt: Dié nuttige toestel, wat in 2017 beskikbaar sal wees, het ook ’n stoom-opsie wat jou klere glad stryk terwyl dit opgevou word.

Hierdie fantastiese toestel sal ’n mens ongeveer R12 750 uit die sak jaag, maar dit lyk nie of die hoë prys mense afskrik nie.

Volgens FoldiMate se webtuiste het 100 000 mense reeds geregistreer om hierdie toestel aan te skaf.

Ander stories op Huisgenoot.com:

Ouers vind vindingryke manier om identiese drieling te onderskei

Hoe weet ek wanneer my kind ekstra leerhulp nodig het?

Hoeveel weet jy van jou versekering se bybetalingsbepalings?

Hierdie daaglikse roetine kan jou langer laat lewe