Al is elke dag basies Braaidag vir Suid-Afrikaners, vier ons Saterdag gesamentlik ons erfenis om die kole. Ons kosredakteur Carmen Niehaus het 'n paar lekker idees saamgestel om vanjaar se Braaidag ekstra spesiaal te maak.

1. Omelet in ’n sakkie:

Plaas geklitste eiers en jou gunsteling-vulsel in ’n toeskuifsakkie. Plaas ’n pot water op die vuur en bring tot kookpunt. Sit die sakkie in die water en kook tot die eiers gaar is. En, siedaar, ’n omelet!

[caption id="attachment_138067" align="alignnone" width="600"]Foto: Flickr Foto: Flickr[/caption]

2. Pastei:

Smeer ’n vourooster en sit ’n vel deeg op die koue rooster. Plaas vulsel op die vel deeg, bedek met nog ’n vel, vou toe en braai oor matige hitte tot gaar.

A photo posted by LYNETTE FISHER (@lynettefshr) on

3. Pizza:

Die geheim is om eers die pizzabasis ’n paar minute te braai en dan die bolaag op te sit en dit verder te braai tot die kaas gesmelt het.

[caption id="attachment_138068" align="alignnone" width="600"]Foto: Flickr Foto: Flickr[/caption]

4. Horinkies:

Vul suikerhorinkies met lae sjokoladestukkies en malvalekkers. Bedek met foelie, plaas op die rooster oor die vuur en braai sowat 3-5 min.

5. Oliebolle:

Verhit olie in ’n plat pot oor die vuur en braai olieboldeeg tot gaar.

6. Vrugte:

Ryg blokkies harde vrugte aan ’n steekpen en braai soos verlang. Braai sagter vrugte in foelie op ’n rooster oor die vuur.

[caption id="attachment_138069" align="alignnone" width="600"]Foto: Flickr Foto: Flickr[/caption]

7. Viskoekies:

Maak viskoekies met oorskietvis van die vorige aand se braai en vlakbraai dit in ’n gietyster-braaipan oor die vuur.

[caption id="attachment_138070" align="alignnone" width="600"]Foto: Flickr Foto: Flickr[/caption]

8. Sjokolade-fondue:

Smelt wit- en donkersjokolade in klein gietysterpotte en geniet dit saam met vrugte- of malvalekker-sosaties.

9. Broodpoeding:

Volg enige broodpoedingresep, maar sit dit in ’n gietyster-platpot. Plaas oor lou kole met ’n paar kole op die deksel en “bak” sowat 30-40 min.

[caption id="attachment_138071" align="alignnone" width="600"]Foto: Flickr Foto: Flickr[/caption]

10. Groente:

Vou harder groente – soos aartappel, botterskorsie en pampoen – in foelie toe en plaas dit direk tussen die kole tot gaar. Plaas gesnyde of gehalveerde sagter groente – soos eiervrug, mielie en murgpampoen – op ’n voubraairooster en braai na wense.

[caption id="attachment_138072" align="alignnone" width="599"]Foto: Flickr Foto: Flickr[/caption]