Food Network Magazine het Amerika se topsjefs vir hul beste raad gevra. Hier is hul antwoorde.

  1. Onthou, almal, voorbereiding is die heel belangrikste. Neem die stres weg deur die voorbereiding die aand tevore te doen. Jy sal soos ’n ster lyk. Paula Deen, Paula’s Best Dishes
  2. Hoe kleiner die item, hoe hoër die baktemperatuur. Ek bak byvoorbeeld mini-sjokoladebrokkie-toffiekoekies net 4 minute by 260 °C. Volmaakte eindresultaat. Jim Lahey Co. and Sullivan Street Bakery, New York City
  3. Bêre speserye op ’n koel, donker plek, nie bo jou stoof nie. Vog, lig en hitte sal kruie en speserye van hul geur ontneem. Rick Tramonto, Tramonto's Steak & Seafood, Osteria di Tramonto and RT Lounge, Wheeling, IL
  4. Skawe groente met ’n growwe Microplane in slaaie of vinaigrettes. Jy kan lemoen-vinkel-slaaisous skep deur gerasperde lemoenskil en vinkel by ’n eenvoudige vinaigrette te voeg. Paul Kahan Avec, Big Star, Blackbird and The Publican, Chicago
  5. Maak altyd ’n groot hoeveelheid aftreksel en vries dit in plastieksakkies. Dan kan jy bloot ’n sakkie uit die vrieskas haal wanneer jy wil sop maak of groente kook. Charlie Trotter, Charlie Trotter's, Chicago
  6. As jy vir iemand belangrik kook, of dit nou jou baas of ’n nuwe ou of meisie is, moet nooit tegelyk ’n nuwe resep uittoets en ’n nuwe bestanddeel byvoeg nie. Marcus Samuelsson Red Rooster, New York City
  7. Kook pasta ’n minuut minder as wat op die verpakking aangedui word en kook dit dan in die pan met sous. Mario Batali, Iron Chef America
  8. Nadat jy eiers net aan die een kant gebak het, ontglans die pan met sjerrie-asyn. Bedruip dan die eiers met die sous om die gereg ’n nuwe dimensie te gee. Didier Elena, Adour, New York City
  9. Nadat jy met knoffel gewerk het, vryf jou hande 30 sekondes met mening teen jou vlekvryestaalwasbak voor jy hulle was. Dit sal die reuk verwyder. Gerard Craft Niche and Taste, St. Louis
  10. Pekel, meisie, pekel! Jy moet daardie pluimvee pekel om dit ’n supergeur te gee. Guy Fieri Diners, Drive-ins and Dives

Bron: foodnetwork.com