“Ek volg nie ’n streng dieëtplan nie, want dit maak my baie gelukkig om te eet. Ek probeer wel hou by vars, natuurlike produkte en maak seker dat ek al my groen groente daagliks inneem, al is dit dalk met ’n mengeldrankie/superfood-mengsel in die oggend.”

Sy is intolerant vir gluten en dit dwing haar om weg te bly van geprosesseerde koolhidrate soos koek en brood wat nie tuisgebak is nie. 

Ons ken vir Christia as Lillie Human van die Boekeklub en het haar ook gesien in Ballade vir ’n Enkeling as Lena Aucamp Jr. Meer onlangs was sy te sien in die hoofrol van Tess waarin sy die karakter van ’n sekswerker vertolk.


Tog bieg sy wanneer sy sê dat sy gelukkig is dat sy nog nooit gewigsprobleme gehad het nie en oefen omdat dit vir haar lekker is. “Dit maak my werklik gelukkig om te oefen. Ek dink dit is al die endorfiene en algehele gesondheid is vir my belangrik." 

Sy oefen vyf tot ses dae ’n week tussen 30 minute tot ’n uur. “Ek gaan nie na die gimnasium toe nie. Ek is gemotiveerd genoeg om sommer op my eie by die huis te oefen. Ek doen meestal hoë-intensiteit oefening met intervalle en spring tou. Dit is ’n kombinasie van krag- en kardiovaskulêre oefeninge.”

Sy sê daar is soms druk op aktrises om altyd goed te lyk, maar sy beskou dit as ’n motivering. “’n Mens wil jou beste lyk en voel, veral as jy weet dat jy in die kollig gaan wees.”

Sy is nog nooit gevra om gewig op te tel vir ’n karakter nie, maar het al self die besluit geneem. “Ek ken my karakter en weet watter om te doen/na watter spasie om te gaan om haar met geloofwaardig te speel. Met Tess het ek byvoorbeeld ’n bietjie gewig verloor.

Die aard van haar omstandighede is armoede en seer. Aan die ander kant met The Recce het ek weer so 3kg opgetel omdat die karakter swanger is en dit meer sin sou maak."

The Recce is 'n aksiedrame wat oor die Grensoorlog gaan.

"Ek doen nooit iets drasties nie en bly binne die perke wat vir my gesond en volhoubaar is. Maar ek geniet dit om myself so bietjie verder te druk om in die karakter se lyf te pas.”

En wanneer Christia nie met ’n plan werk om een met haar karakter te word nie is daar darem ook dae wat sy haarself bederf. Dan lê sy alte graag weg aan soesjie, sjokolademoese en enigiets wat diepgebraai en romerig is.

A post shared by Christia Visser (@christia_v) on