Hier is betroubare leserwenke om dit skoon en vars te hou.

MIKROGOLFOOND

  • Maak ’n vuil mikrogolfoond  skoon  deur ’n koppie water ’n paar minute lank daarin te kook. Die stoom sal die aanpaksels losmaak en dan kan jy dit met ’n vadoek uitvee.
    LOUISE CLOETE  POSTMASBURG
  • Kook ’n halwe suurlemoen in water in die mikrogolfoond en vee die oond dan skoon.
    REKA SINGH DURBAN

SNYBORD

  • Raak van uie- en knoffelreuke in jou snybord ontslae deur die oppervlak met ’n pasta van koeksoda en water af te vee.
    LOUISE CLOETE  POSTMASBURG

KETEL

  • Kook ’n mengsel van ewe veel witasyn en water en giet dit dan uit. Spoel goed uit. Jy kan ook ’n suurlemoen in kwarte sny en dit in ’n vol ketel kook.
    FATIMAH MIA PER E-POS

WASMASJIEN

  • Maak wasmasjiene skoon met skottelgoedwasserpille. Skakel ’n warm siklus aan.
    REKA SINGH DURBAN
Wenke oor hoe om jou toestelle skoon te maak. Foto: Pixabay

SKOTTELGOEDWASSER

  • Kikker jou skottelgoedwasser op deur 125 ml suurlemoensap by die wasmiddel te voeg.
    KAREN HERMAN RANDBURG

VRIESKAS

  • Ontvries ’n vrieskas deur die ys met ’n haardroër te blaas. (Moenie die haardroër in die vrieskas los nie; die gevaar van ’n elektriese skok is te groot. )
    MICHELLE OLIVIER  PER E-POS

OOND

  • Meng 250 ml asyn, 60 ml koeksoda, 125 ml water en 60  ml skottelgoedwasmiddel. Laat die oond warm word en skakel dit dan af. Maak die oond skoon met die mengsel en vee af met skoon warm water.
    MIRYAM JAFFE PER E-POS


Uit Huisgenoot 350+ Huiswenke wat werk