Luidens ’n verklaring deur die SAPD moet burgers dadelik die polisie in kennis om ’n ondersoek van stapel te stuur stel as iemand vermis sou word.

Aangesien daar nie ’n wagperiode is nie, kan jy die polisie help deur die volgende stappe te volg:

  • Verskaf die mees onlangse duidelike foto van die vermiste persoon.
  • Gee ’n duidelike beskrywing van waar die persoon laas gesien is, klere wat hulle gedra het, en enige ander inligting wat die ondersoek kan help.
  • Voltooi en teken vorm SAPD 55 (A). Hierdie vorm vrywaar die SAPD teen bedrieglike verslae en gee die SAPD toestemming om die foto en enige inligting van die vermiste persoon te versprei.
  • Kry die ondersoekbeampte se kontakbesonderhede en stuur enige verdere inligting aan wat die ondersoek kan help.
  • Stel die ondersoekbeampte dadelik in kennis as die vermiste persoon gevind word of vrywillig opdaag. ’n SAPD 92-vorm moet dan voltooi word om die Buro vir Vermiste Persone in kennis te stel sodat die persoon se verslag van die stelsel verwyder kan word.

    Kontakbesonderhede van die nasionale en streekkantoor van die Buro vir Vermiste Persone:

    Hoofkantoor: 021-393-2001/ 2/ 5/ 7 en 021-393-2010/ 12

    Oos-Kaap: 041-394-6978/ 6482

    Vrystaat: 051-503-2846

    Gauteng: 011-670-6316/ 6415/ 6416

    KwaZulu-Natal: 031-325-6718

    Limpopo: 015-290-6000

    Mpumalanga: 013-762-4391

    Noord-Kaap: 053-839-2822

    Noordwes: 018-299-7722/ 7034/ 7172

    Wes-Kaap: 021-467-8236

    Noodgevalle: 086-001-0111