GROWWE VEL
PIESANGMASKER
(WEEKLIKS)

’n Ryp piesang

Foto: Pexels

1. Skil die piesang af en sny dit in klein stukkies.

2. Druk die stukkies met ’n vurk fyn tot al die klonte weg is.

3. Wend die pasta op jou gesig aan en los dit vir 15 min. so.

4. Spoel met warm water af en druk jou vel droog.

DROË VEL       
AVOKADO-MASKER
(WEEKLIKS)
'n Halwe ryp avokado

Foto: Pexels

1. Sny die avokado in die helfte (die ander helfte kan jy eet).

2. Skep die avokado-vlees uit die skil.

3. Plaas dit in ’n bakkie en druk met ’n vurk fyn tot dit ’n pasta vorm.

4. Wend die pasta met jou vingerpunte op jou gesig aan. Vermy die ooggebied en los dit vir 10 min. so.

5. Spoel met warm water af en druk jou vel droog.

GEÏRRITEERDE VEL 
AARBEI-SUURLEMOEN-EN-HEUNINGMASKER
(TWEEWEEKLIKS)

Foto: Pexels
  •  10 ml (2 t) suurlemoensap
  •  2 ryp aarbeie
  •  15 ml (1 e) heuning

1. Meng al die bestanddele in ’n menger tot ’n pasta, of rasper die aarbeie tot dit ’n sagte pasta vorm. Plaas dit daarna saam met die suurlemoensap en die heuning in ’n bakkie en roer tot dit goed gemeng is.

2. Wend die mengsel op jou vel aan en los dit vir 5-15 min. so, na gelang van hoe sensitief jou vel is.

3. Spoel met warm water af en druk jou vel droog.

MOEË VEL
SJOKOLADEMASKER
(WEEKLIKS)

Foto: Pexels
  •  50 g donkersjokolade (70-persent-kakao) 
  •  warm water in ’n bakkie 
  •  30 ml (2 e) olyfolie

1. Breek die sjokolade in klein stukkies en plaas in ’n beker.

2. Plaas die beker in ’n bakkie met warm water sodat die sjokolade  kan smelt.

3. Voeg die olyfolie by sodra die sjokolade gesmelt het en meng. 

4. Haal die beker uit die bakkie en wend die mengsel aan jou gesig aan. Maak seker dis nie te warm nie.

5. Los dit vir 15-20 min. aan, spoel met warm water af en druk jou vel droog.

DOWWE VEL
GROENTEEMASKER
(WEEKLIKS)
1  groenteesakkie

Foto: Pixabay

1. Maak tee en laat die sakkie afkoel.

2. Vryf die teesakkie (warm of afgekoel, nes jy verkies) sagkens aan jou gesig en laat die tee vir 15-20 min. op jou vel.

3. Spoel met warm water af, druk jou vel droog en smeer vogroom aan.