Hier is 'n paar slim wenke om seker te maak dit smaak altyd vorentoe.
  • Plaas ’n stukkie plastiek oor deeg wat moet rys. Dit voorkom dat ’n harde lagie vorm.
    -Leser Tina Krynauw Tableview, Kaapstad
  • Deeg is ligter as dit met suur- eerder as varsmelk gemaak word.
    -Leser Tina Krynauw Tableview, Kaapstad
  • Voeg ’n bietjie asyn of witwyn by pannekoekdeeg om te voorkom dat dit taai word.
  • Dis makliker om deeg uit te rol as dit oornag in die yskas gelaat is.
    -Leser Marlene Pieterse Bloemfontein
  • Draai vleis- en ander pasteitjies in gebotterde papier toe voor jy dit bak. Dit hou die korse sag.


Uit Huisgenoot 350+ Huiswenke wat werk