Benewens selfies in die gim is mense mos mal daaroor om hul kos en koffie af te neem en dit met die wêreld in die sosiale media te deel.

In 2016 was die kosgier op die sosialemediaplatform Instagram “reënboogkaastoebroodjies”, berig The Telegraph.

 

SHUT UP AND TAKE MY MONEY #RainbowCheeseToastie #Regram

A post shared by Fitzy & Wippa on NOVA (@fitzyandwippa) on

En soesji-burgers was ook uiters gewild.

 

Maar vanjaar lê die klem op eiers. Het jy al gehoor van wolkie-eiers?

 

 

???? #EggInACloud #EggCloud #CloudEgg #CloudEggs #CloudToast

A post shared by Kristi Farinelli (@kristifarinelli) on

Dit is glo glad nie moeilik om te maak nie.

Skei eers die eiergeel en -wit.

Klits die eierwit tot dit styf is en vou enige van jou gunstelinge in, soos ham of kaas. Plaas die styfgeklitste eierwitte op ’n bakplaat en bak dit sowat 5 tot 8 min. in ’n voorverhitte oond teen sowat 230 °C. Haal die eierwitte uit die oond en plaas die eiergeel op die eierwit. Bak die eier nog sowat drie minute en sit voor.

Ekstra bron: The Independent