Vir baie is Paasfees 'n diep en geestelike tyd, maar ook 'n heerlike kuier saam met hartsmense. Hoe jy ook al daarna kyk, het jy spaaropsies vir hierdie Paasfees reeds oorweeg?

Ons het by die skuldbestuur-kenner van DebtSafe, Wikus Olivier, gaan aanklop om sodat ons begroting-slim deur hierdie tyd te gaan.

Spaar só as jy die lang pad vat!

Olivier sê daar is ? hele paar maniere om op jou brandstofverbruik te spaar:

1. As jy beplan om tydens Paasnaweek te reis en vriende of familielede ry ook in dieselfde rigting na dieselfde bestemming, probeer dit só reël dat julle saam ry en byvoorbeeld eerder twee motors as drie gebruik.

2. Vermy tolpaaie, waar moontlik, en kies alternatiewe roetes as julle reistyd dit toelaat.

3. Maak gebruik van enige spaar- of lojaliteitskema's, indien jy aan een of meer behoort, om jou motor se brandstof op te vul.

4. Maak gebruik van ? gerieflike selfoontoepassing soos fillapp om jou brandstofverbruik te reguleer én om geld te spaar deur te weet wanneer jy jou tenk voor of tydens Paasnaweekmoet volmaak.

5. Onthou diesel word nie gereguleer nie, so doen bietjie huiswerk oor vulstasies vóór jy vertrek. Jy sal dan weet watter vulstasie om in watter area te gebruik vir die beste dieselprys.

6. Maak seker dat jy jou motorbande gereeld pomp om jou brandstofdoeltreffendheid te verbeter.

Kies tuisgemaak

Paasfees is die ideale tyd om kreatief te raak en terselfdertyd geld te spaar.

1. Maak jou eie paasbolletjies - ons wys jou stap-vir-stap hoe! En kry die volledige resep hier.

2. Maak jou eie piekelvis.

3. Maak jou eie paashase uit papier vir die Paastafel.

4. Kyk dié oulike haas-oor-servette!

Wees kreatief 

Moenie bekommerd wees oor hoe om die kleintjies (en ouer mense) die langnaweek te vermaak nie! Daar is ? hele paar aktiwiteite wat jou nie ? arm en ? been sal kos nie.

Vind die naaste item by die huis wat die kinders as ? Paasmandjie kan versier. Die kinders kan regte, hardgekookte eiers gebruik (om in die mandjie te sit) wat versier kan word met merkers, geskenkpapier of oorskiet verf. Paasmandjies is ook handig wanneer dit by tafelversierings kom.

En wat van ? prettige en bekostigbare Paaseier-soektog waarmee die kinders hulself kan vermaak of besig hou. Klik hier vir 10 lekker planne om dié soektog opwindend te hou.

Deel kos as 'n manier om te gee

Paasnaweek is veronderstel om ? tyd van vreugde, ontspanning en kwaliteit-tyd saam met geliefdes te wees. Moenie jouself doodwerk of die begroting blaas om familie en vriende te onthaal nie. Wat van ? "bring en braai" of ? lekker piekniek in die tuin? Jy sal nie net ? intieme omgewing skep nie, maar ook ? paar rand vir jouself, en ander, spaar. Laat elke persoon hulle eie vleis sowel as hulle gunsteling-gereg saambring. Onthou om te deel is so goed as om onvoorwaardelik te gee.

Klik vir lekker braairesepteslaaie en nageregte vir bring-en-braai-idees.