Afstand bring soms groot veranderinge mee en jy sal verbaas wees oor hoe moeilik dit kan wees om vol te hou met 'n langafstandvriendskap.

As julle baie hegte vriende is, wil jy natuurlik graag die vriendskap behou. Julle kan immers nog steeds daar wees vir mekaar ten spyte van die kilometers wat julle skei.

Hier volg 'n paar wenke om dinge reg te hou as jy ys by die gedagte dat jy ver van jou boesemvriendin af gaan wees.

Besluit vóór die groot verskuiwing hoe dikwels julle mekaar gaan sien. As jy dag en datum bepaal, sal jy jou doel makliker bereik as wanneer julle wag tot albei vry is, want daar kan maklik iets voorval.

Nicole Zangara, Gelisensieerde Kliniese Sosiale Werker en skryfster van Surviving Female Friendships: The Good, the Bad, and the Ugly, het aan Refinery29 die noodsaak hiervan beklemtoon.

"Dit is beter om die verwagtinge dadelik uit te stippel as om afgeskeep te voel wanneer skedules besig raak en die vriendskap begin wankel,” het sy opgemerk. “Bespreek vooraf alle moontlikhede – selfs hoe dikwels julle mekaar gaan besoek, sodat julle albei so voorbereid moontlik kan wees.” Julle sal definitiefso dikwels moontlik kontak hou deur middel van SMS-boodskappe, WhattsApp en Facebook, maar daar is niks wat naby 'n telefoongesprek kom nie. Selfs net 'n halfuur se gesels kan 'n wesenlike verskil maak, veral wanneer iets jou pla of as jy raad soek. Dit kan die wêreld se verskil maak om jou maat stem en lag te hoor. As jy glad nie telefonies in verbinding kan bly nie, is daar nog altyd toepassings soos Skype en Viber wat jou kommunasiekanale kan oophou.

Bespreek vooraf alle moontlikhede – selfs hoe dikwels julle mekaar gaan besoek, sodat julle albei so voorbereid moontlik kan wees.

Briewe is net so belangrik, want dit beteken dat jy tyd ingeruim het om jou gedagtes te deel en jou woorde neer te skryf, eerder as om vinnig 'n virtuele boodskap te stuur. Jy kan 'n brief bowendien naby jou hou in tye van nood – wat gaan jy doen as al jou diep gedagtes en belangrike boodskappe op jou selfoon of skootrekenaar is en een van hulle gee in? Jy hoef natuurlik nie wag totdat jy 'n brief ontvang het voordat jy met jou maat kommunikeer nie. Miskien moet jy maar net die belangrikste besonderhede neerpen en stuur.

As jou vriendin deur 'n bedrywige tydjie gaan en nie 'n ernstige poging tot kommunikasie aanwend nie, hoef jy nie ook te verslap nie. Roer dit aan en laat haar weet jy mis haar, maar moet dit nie persoonlik opneem nie. Sy vind dit miskien moeilik om tyd in te ruim vir die mense wat sy elke dag sien, laat staan nog dié wat ver bly.

Bly kalm en lê sensitiwiteit aan die dag wanneer jy die onderwerp noem. Sy kom dit heelwaarskynlik self glad nie agter nie en sal dan verleë wees as sy uitvind dat jy afgeskeep voel.

© Cover Media