Party vriende ondersteun en moedig jou aan, ander motiveer jou, terwyl ander konstruktiewe kritiek lewer.

Volgens die webtuiste Mind Body Green kan vriende in drie algemene groepe verdeel word – hysbakke, stabiliseerders en ontleders. Daar is natuurlik sommige vriende wat in twee of selfs al drie groepe val, en dit is belangrik om nie te veralgemeen of jou verhoudings te oorvereenvoudig nie. Gebruik liewer hierdie assessering om ’n dieper begrip te kry oor die individue met wie jy jou tyd deurbring. Lees verder en kyk of jy die beste kry uit die mense met wie jy uithang.

Hysbakke

Dit is die vriende wat jou aanmoedig om jou drome na te volg en altyd opgewonde is om jou te sien presteer. Hulle is die soort mense wat jou sal help voorberei voor ’n groot onderhoud of jou daardie laaste bietjie motivering gee om vir ’n bevordering te vra. Bring meer tyd met hulle deur as jy op die punt is om ’n groot besluit te neem. Hulle sal die beste uit jou haal en jou potensiaal raaksien, selfs wanneer jy dalk nie daartoe in staat is nie.

Maar wees gewaarsku – die soort vriende wat jou gedurig beledig en daarop sinspeel dat jy nie goed genoeg is nie, is beslis nie hysbakke nie. Om die waarheid te sê, hulle is nie eens regte vriende nie. Enigeen wat jou selfbeeld afbreek, moet uitgesny word.

Stabiliseerders

Dit is die vriende wat jou lief het nes jy is. Hulle ken jou waarskynlik ook al lank. Hulle aanvaar jou met al jou draadwerk, jou buie en die dinge wat ander dalk as negatief kan beskou. Die beste deel is dat jy in ’n stabiliseerder se geselskap werklik jouself kan wees. Jy sal nie veroordeel voel nie en gemaklik in jou eie vel wees.

Wees versigtig om nie te gemaklik of selftevrede te raak nie. Stabiliseerders hou jou nie terug nie, maar hulle motiveer jou ook nie. As jy dus ’n paar veranderinge in jou lewe wil maak, moet jy dit oorweeg om ’n bietjie minder tyd met hierdie soort mense deur te bring.

Ontleders

Hulle is nou nie juis jou geesdriftigste ondersteuner nie, maar hulle het goeie bedoelings. Ontleders sal eerlik genoeg wees om die gebreke uit te wys in ’n meesterplan wat jy uitgedink het, en kan dalk die aandag vestig op dit wat jy nie in ag geneem het nie.

Maak net seker jy neem van die goed wat hulle kwytraak met ’n knippie sout. Hulle bedoel goed, maar ontleders is geneig om in ’n negatiewe groef vas te val en sien dalk nie die alternatiewe oplossings vir ’n probleem nie. Moenie hul menings met jou eie verwar nie. As jy regtig in iets glo, moet jy altyd daarvoor baklei.

© Cover Media