BOSTUKKE

DIE LAE V-NEK

WAT DIT VERKLAP

Die T-hemp is die toppunt van metroseksualiteit en die ou maak nie ’n geheim daarvan dat hy elke dag baie tyd spandeer aan sy voorkoms nie.

HOE OM HOM TE BENADER

Hy gaan beslis by ’n partytjie of groot geleentheid deur vriende omring wees. Moenie skaam wees nie; sê vir hom wat jy van sy uitrusting dink!

DIE STANDAARD T-HEMP

WAT DIT VERKLAP

Sy T-hemp is so gewoon as kan kom – niks motiewe of lawwe ontwerpe nie. Dit som die ou se ontspanne houding op. Hy is stil, maar glad nie snobisties nie.

HOE OM HOM TE BENADER

Moenie die pap te dik aanmaak met julle eerste ontmoeting nie. Hy is waarskynlik skaam en sal jou eers beter wil leer ken.

GEEN HEMP

WAT DIT VERKLAP

Dit sê hard en duidelik: “Ek is gemaklik in my vel!” Geen hemp is ook ’n aanduiding dat die ou oorloop van selfvertroue.

HOE OM HOM TE BENADER

MOENIE hom oor sy lyf komplimenteer nie. Hy moet leer om soveel op sy persoonlikheid as sy maagspiere staat te maak!

BROEKE

KORTBROEK

WAT DIT VERKLAP

Die sportmal ou dra somer EN winter kortbroek. Hy reken dit wys hoe rateltaai hy is.

HOE OM HOM TE BENADER

Vind uit wat sy gunsteling-sport is en haal dit op as jy met hom gesels – hy sal mal wees daaroor.

NOUPASSENDE JEANS

WAT DIT VERKLAP

Nes nog ’n groot aanhanger van die voorkoms, Robert Pattinson, het hierdie ou ’n houding wat skrik vir niks. Hy volg nie die groep nie – hulle volg hom.

HOE OM HOM TE BENADER

Ignoreer hom. Hy is gewoond aan meisies se aandag en sal jou raaksien as jy nie ’n bohaai oor hom maak nie.

SLONSJEANS

WAT DIT VERKLAP

Hulle herinner dalk aan die 90’s, maar slonsjeans is ’n teken dat hy ’n ontspanne ou is wat gemaklik is met homself. Hy het nie modes nodig om goed te voel nie.

HOE OM HOM TE BENADER

Jy hoef net jouself te wees om die ou se aandag te trek – hy kan iemand wat voorgee dadelik uitken.

BYKOMSTIGHEDE

DIE STROOIHOED

WAT DIT VERKLAP

Binne, buite, nag en dag – die ou gaan nêrens sonder sy strooihoed nie. Hy is ’n ware grapjas en lag baie.

HOE OM HOM TE BENADER

Die beste manier om hom te beïndruk is om hom te laat skater van die lag!

JUWELE

WAT DIT VERKLAP

Of dit nou diamant-oorbelle, geweefde armbande of ’n goue ketting is, ouens wat van blinkgoed hou, neem hulself en hul besittings baie ernstig op.

HOE OM HOM TE BENADER

Wees vriendelik en probeer uitvind of daar meer in hom steek as om blinkgoed te koop.

GAATJIES/PIERCINGS

WAT DIT VERKLAP

Hy is van kop tot tone vol gaatjies, maar ten spyte van al die stereotipes waaraan dit jou dadelik laat dink, is hy heel waarskynlik ’n diep denker.

HOE OM HOM TE BENADER

Gesels met hom oor ’n goeie boek of lirieke.

SKOENE

PUNTESKOENE

WAT DIT VERKLAP

Hy volg die mode slaafs en sy volwasse styl weerspieël sy persoonlikheid.

HOE OM HOM TE BENADER

Wys vir hom jy is ook volwasse deur oogkontak te behou terwyl hulle gesels.

PLAKKIES

WAT DIT VERKLAP

Hy is ’n tipiese mansmens as blokey as they come en mal daaroor om saam met sy vriende uit te hang.

HOE OM HOM TE BENADER

Wees uiters vriendelik teenoor sy vriende in ’n groepsituasie om te wys jy respekteer sy vriendskappe.

TEKKIES/ SKATE SHOES

Nes sy skaatsstyl is die ou ’n regte gladdebek en hy weet altyd wat die regte dinge is om te sê.

HOE OM HOM TE BENADER

Leer ken hom eers as ’n vriend – op dié manier moet hy vir jou sy oulike kant wys.