The Perfect Proposal het ’n paar idees wat sal verseker jy gee die man in jou lewe ’n spesiale geskenk, hetsy vir ’n herdenking of net om jou liefde te bewys. Hierdie geskenke vir mans is perfek vir herdenkings, romantiese aande, verjaardaggeskenke en ander spesiale geleenthede.

Dink uit die kassie:

Bederf jou geliefde met ’n ervaring; die antwoord lê nie altyd in ’n item nie. Baard- en haarskeerwinkels is ’n uitstekende plek vir mans wat bederf wil word sonder om ’n spa te besoek. Die Old English Shaving shop (http://www.shavingshop.co.za/) in die Kaapstadse V&A Waterfront bied ’n opperste warm handdoek-skeerervaring en gee ook skropbehandelings. Dit bied ook al die weelde van ’n outydse manshaarkapper. Indien jou man dit eerder sou verkies, kan jy vir hom een van die handgemaakte versorgingstelle en skeeritems in die winkel koop. As jy nie in Kaapstad woon nie, kan jy hul produkte aanlyn bekom.

Dink in die kassie: 

Die Perfect Box is ’n doelgemaakte geskenkepak wat ontwerp is vir romantiese afsprake, herdenkings, verjaardaggeskenke en ander spesiale geleenthede. Vertel ons waarvan hy die meeste hou en die pak sal ontwerp, verpak en by sy huis of werk afgelewer word. ’n Mannepak bevat spesiale bier, sy gunsteling wyn, die beste charcuterie en omtrent alles anders waarvan hy hou. Ons stel die pak volgens sy voorliefdes saam. Ons verskaf ook romantiese pakke vir paartjies. Kyk hier na ons Perfect Box-ervarings: http://www.theperfectproposal.co.za/the-perfect-box)

Vertel jou verhaal: 

Dis maklik om in hierdie era van die sosiale media te vergeet hoe lekker dit is om na ’n regte foto te kyk, en nie een op Facebook nie. ’n Pragtige swart-en-wit geraamde foto is tydloos en sentimenteel. Dis ’n wen-wen-situasie, want hy sal van homself in die foto hou, en jy kry ’n mooi item vir jou huis.

Raak persoonlik:

As jy weet waarvan jou man hou, is dit soveel makliker om hom te bederf, en het dit ook soveel meer betekenis vir hom. Persoonlike manskamerjasse of leerpantoffels is altyd ’n wenner. Iets tydloos wat hy elke dag gebruik is altyd ’n goeie kopie. Kies iets waarvan hy sal hou en laat dit borduur; dis bedagsaam en klassiek. Ons is gek na Mr Porter (http://www.mrporter.com/)  vir mans. Bestel aanlyn en drie dae later word dit in ’n pragtige verpakking by jou deur afgelaai. Kies die persoonlike opsie, wat beteken jou bestelling is aan hom gerig. Eenvoudig, maklik en tydbesparend.

Die pad na ’n man se hart: 

Is deur sy maag? Ons weet. Om ’n nuwe ervaring te deel is ’n goeie manier om ekstra tyd saam deur te bring. Dis ook pret om iets anders saam te doen. Met kooklesse leer ’n mens wonderlike dinge, en dis pret vir paartjies. Kontak jou plaaslike kookskool en geniet ’n romantiese ete vir twee. Ons hou daarvan dat jy leer, kook en dan die maaltyd saam geniet. Doen jou navorsing en soek na die perfekte maaltyd wat pas by jou smaak, leefstyl en sak.

Bron: Philipa Stewart

&Website: www.theperfectproposal.co.za

&Email: info@theperfectproposal.co.za