Sint Valentynsdag was oorspronklik ’n godsdienstige viering om een of meer Christelike heiliges met die naam Valentinus te verheerlik. Talle verhale van martelary is op dié dag vertel oorvertel. ’n Baie gewilde verhaal was dié van Sint Valentinus van Rome wat in die tronk gestop is omdat hy soldate getrou het wat nie veronderstel wat om te trou nie en omdat hy hulle tot die Christendom bekeer het.

Die Romeinse owerheid het hom op die ou end tereggestel.

Volgens oorlewering het hy die man wat hom in die tronk gestop het, Asterius, se dogter genees, en het hy het glo voor sy dood ’n brief aan haar geskryf wat hy onderteken het as: Jou Valentyn.

Bron: Wikipedia.org