1.    Werk as vrywilliger

Jy hoef nie veel van jou tyd prys te gee om ’n verskil te maak nie. Baie mense kort hulp met die bestuur van skuilings vir haweloses, sopkombuise, liefdadigheidswinkels en diereskuilings. Jou moeite en energie is dalk al wat die organisasies kort. Vind uit of daar ’n skuiling vir verwerpte of hawelose kinders in jou omgewing is. Gaan speel met hulle of help hulle ’n nuwe vaardigheid aanleer. Om ander mense te help en hulle te laat glimlag is seker die vervullendste tydverdryf wat daar is.

2.    Glimlag

Dis so eenvoudig. Jy kan ’n revolusie begin deur net te glimlag. Glimlag vir die volgende mens by wie jy verbystap en jy spoor hulle dalk aan om ook te glimlag. Dis gratis en sal jou beslis ook beter laat voel.

3.    Skenk bloed

Suid-Afrika se bloedvoorraad is ’n skamele drie dae en agt uur. Dis amper pynloos om bloed te skenk nie. Dit duur nie lank nie en kan ’n lewe red.

4.    Tel rommel op

Pleks van by die leë skyfiepakkie verbystap wat op die grond lê, tel dit op en gooi dit in die drom. Jy sal jou omgewing netjieser laat lyk en ’n klein bydrae lewer tot ’n beter wêreld.

5.    Luister

Elkeen het probleme, maar almal het nie iemand met wie hulle daaroor kan gesels nie. As jy sien iemand by die skool lyk bedruk, gaan sit langs hulle en vra hoe dit gaan. Nadat hulle ’n bietjie met jou gesels het, voel hulle las dalk sommer ligter.

-         Megan Bursey

BRONNE: TINYBUDDHA.COM, SANBS.ORG.ZA