young couple surprise

Plek, tydsberekening en om presies te weet waarvan hy of sy hou is die sleutel. Oorspronklike idees plaas die stempel daarop, en die res hang van jou af!

1. Hou dit persoonlik en neem jou tyd.

Of dit jul eerste afspraak of die 100ste een is, elke afspraak moet spesiaal wees. Om te weet waarvan jou maat hou is die sleutel om dit reg te doen. Onthou altyd om jou idee persoonlik (eerder as generies) te hou en maak seker dis goed deurdink.

2. Slaan op die vlug.

Daar is iets baie spesiaals aan weggaan om ’n avontuur te beleef. As jou maat van reis hou, hoekom bederf jy hom of haar nie met ’n wegbreek in ’n afgeleë hut op die strand of ’n naweek in die bos nie? ’n Paar wildtuine het romantiese spa’s in die middel van die bos. Vonkelwyn, kerse, rose, massering en sterre kyk saam met jou gunsteling-persoon . . . Sekere blyplekke het nou boomhuise, wat ideaal is vir ’n romantiese wegbreek. As julle nie kan weggaan nie, ry net vir die dag iewers heen; ’n verandering is so goed soos ’n vakansie.

3. Kyk hierna!

Fliekaande is terug! Inryteaters is terug, dakrolprentteaters is koel en ja, ouskool is nog romanties.

4. Gaan eet uit.

Weet waarvan jou maat hou en neem dit ’n stappie verder. As julle graag gaan uiteet, reël ’n “opspringrestaurant” vir die aand. Dit kan met ’n privaat kok in jou eie huis wees, of in jou plaaslike restaurant wat privaat etes aanbied.

5. Raak waaghalsig.

As jy ’n avontuursoeker is, is daar baie om te doen – van duik saam met haaie tot valskermsweef, warmlugballonritte, vryval, abseil en rekspronge. Ons kan dit alles reël, maar voor jy die sprong maak, maak seker jou maat is nie bang vir hoogtes nie en lus om dit te doen. ’n Afspraak gaan nie oor waarvan jy hou nie, dit gaan daaroor om iets spesiaals vir die ander persoon te doen – en dit self ook te geniet. Maak dus seker waarvan jou maat hou.

Beste wenke vir die manne: Ja, ons hou gewoonlik van verrassings, maar wees slim. Moet haar nie na ’n vyfsterrestaurant toe neem as sy aangetrek is vir ’n aandjie by die huis nie.

Philippa perfect proposalDeur Phillipa Stewart van The Perfect Proposal

The Perfect Proposal help met die konseptualisering en beplanning van persoonlike afsprake. Kontak hulle as jy ’n bietjie inspirasie nodig het vir ’n huweliksaanbieding, herdenking, verlowingspartytjie, die vernuwing van troubeloftes of net ’n aandjie uit. Hulle het die name van wonderlike plekke, veral in Kaapstad. Daar is pragtige weggesteekte juweeltjies wat privaatheid, romanse en die pretfaktor bied.