Ons ken amal grappies oor vroue wat hulle ná die verbrokkeling van 'n verhouding in hul pajamas op hul sitkamerbank onttrek, met 'n tranetrekker op die televisie en 'n megabak roomys in hul hande vasgeklem.

Hulle stort ure lank hul harte uit teenoor vriendinne en probeer om nie hul eks in 'n waas van dronkenskap te bel nie, voordat hulle aanbeweeg na die kwaadwordstadium van rou en dan uiteindelik aanvaar dat die verhouding iets van die verlede is. Vat nou maar vir Bridget Jones!

Alhoewel dit na 'n spul seksistiese onsin mag lyk, dink die wetenkaplikes tans dat vroue in der waarheid meer ly as mans wanneer 'n verhouding misluk.

'n  Groep navorsers in Amerika beweer dat dames tydens 'n  skeiding hoër vlakke van angs en woede bereik en ook dat hulle meer geneig is om kilogramme aan te sit.

Hulle vind dit egter ook makliker om hul kwessies met hul naaste vriende en familie te bespreek, en dit beteken dat hulle geneig is om dit gouer te oorkom. Mans, aan die ander kant, kry dit nooit reg om hul gevoelens te verteer nie en hulle aanvaar dus net dat hul enkellopend is. Alhoewel dit beteken dat hulle gouer gelukkiger lyk, kan die wrokgevoelens nog jare der jare voortduur.

Wetenskaplikes het 5,705 mense uit 96 lande bestudeer en hulle het tot die gevolgtrekking gekom dat biologie die kwessie is, aangesien vroue voel dat hulle meer het om te verloor as 'n  romanse nie uitwerk nie. Dit is veral die geval indien hulle reeds daaraan begin dink het om met 'n gesin te begin.

Dié wat aan die opname deelgeneem het, is gevra om hul hartseer ná 'n skeiding te rangskik sodat nul geen hartseer nie beteken en tien 'n  algehele verplettering.

Vroue het op emosionele vlak gemiddeld 6.84 behaal en mans 6.58. Daar het egter 'n  yslke gaping gekom ten opsigte van liggaamlike beangsdheid, toe vroue 4.21 en mans 3.75 aangedui het.

Vroue het ook verhoogde vlakke van paniek, slapeloosheid en vrees gerapporteer, terwyl mans beweer het dat hulle depressief gevoel het en ook asof hulle op niks kon konsentreer nie.

Craig Morris, 'n pofessor in antropologie aan die universiteit van Binghamton in New York en die hoofskrywer van die studie, het verduidelik dat vroue se vriendinne hulle help om dinge baas te raak, terwyl, in die geval van mans, hulle  nie kon aandui dat hulle heeltemal “oor” 'n gedoemde verhouding is nie.

“(Die man se reaksie is) selfvernietigend, ” het hy in die tydskrif Evolutionary Behavioral Sciences bygevoeg. “Dit kan maande, of selfs jare, duur. Hulle is gewoonlik geneig om ‘aan te beweeg’ deur  'n ander verhouding te begin. ”

© Cover Media