1 SÊ WAT JY DINK

Idees, soos Smarties, is beter as hulle gedeel word. Moenie bang wees om jou sê te sê nie, al verskil jou mening van almal anders s’n. Bly getrou aan jou waardes en hou jou slim kop omhoog.

2 OM ’N PRODUK VAN GENERASIE Z TE WEES

Dis ’n generasie wat gekritiseer word dat hulle behep is met sosiale netwerke, vasgeplak is aan hul fone en die aandagspan het van ’n . . . wag, waarvan praat ons nou weer? Ten spyte van die kritiek is jy ook omgewings- en sosiaal bewus en wil jy positiewe verandering in die wêreld maak. Voorwaarts, Span Z!

3 ’N LELIKE AANMERKING

Hoekom? Want jy moet dit in die eerste plek nie sê nie! As jou sin begin met: “Ek wil nou nie gemeen wees nie, maar . . .” moet jy net daar ophou.

4 JOU TWEE LINKERVOETE

Voel jy so ongemaklik soos ’n hond wat leer salsa wanneer jy jou voete op die dansbaan sit? Wel, ons sê swak dans is ’n vaardigheid – gebruik dit! Niemand sal jou onbeholpe danspassies raaksien as jy soveel pret het dat jy nie omgee nie. Komaan, gaan vra daardie oulike meisie vir ’n dans.

5 ’N GUNS VRA

Voel jy aaklig elke keer dat jy ’n verkoopsassistent  vra om vir jou ’n ander grootte te bring of jou broer vra om jou iewers te gaan aflaai? Hou op verskoning vra en sê eerder net dankie. Maar onthou om volgende keer die guns terug te bewys!

6 ’N FOUT MAAK

Of jy nou in die musiekklas die verkeerde noot speel, ’n vriend se verjaardag vergeet of jou naam krater maak voor die ou op wie jy verlief is, dit sal net die situasie vererger as jy daaroor te kere gaan. Lag daaroor en maak of dit niks is nie – almal anders sal dan ook so dink.

7 JOU LIGGAAMSFUNKSIES

Kom ons wees nou maar eerlik, daar is soms geen keer aan die mag van die natuur nie. Maar voor jy bloedrooi begin bloos en wens die aarde sluk jou in nadat jy in die wiskundeklas ’n windjie laat uitglip het, probeer dinge in perspektief hou. ’n Beleefde “verskoon my” sal die ding doen.

8 WAT JY AS TEKORTKOMINGE BESKOU

Jy verpes dalk jou sproete en wens jy het hare soos Justin Bieber of Harry Styles gehad, maar iemand anders begeer weer jou mooi gelaat, skitterende glimlag en oulike ore. Glimlag net mooi en die liefde sal na jou kant toe kom.

9 JOU MINDER-AS-INDRUKWEKKENDE KOOKVAARDIGHEDE

Jy is dalk geen MasterChef nie en kan skaars tussen broccoli en bok choy onderskei, maar moenie dat dit jou uit die kombuis hou nie. Jou vriende en familie behoort beïndruk te wees met daardie ingeduikte kolwyntjies – jy het ten minste probeer! En onthou, ’n mens verbeter algaande.

10 JOUSELF WEES

Moet nooit verskoning vra vir jou anderste modesin nie, maak nie saak wie dit nie snap nie. Dink net hoe vervelig die wêreld sal wees sonder ’n bietjie blinkers en gesigverf . . . (Ons kyk vir julle, Lady Gaga en Adam Lambert).