Soos sosiale media en selfies ál gewilder raak, moet paartjies hulle van ongelukkige ekse beskerm. Dit blyk ook voorhuwelikse kontrakte oor sosiale media is die raad teen sulke situasies.

’n Voorhuwelikse kontrak word deur die paartjie geteken voor hulle trou. Tradisioneel stip dit die bepalings en voorwaardes van die paartjie se vermoënsregtelike gevolge uit sodra hulle getroud is. Dit sluit in beskerming teen jou maat se skuld of die deel van sekere bates.

Volgens Amerika se ABC News kry meer en meer paartjies ’n voorhuwelikse kontrak oor sosiale media. Ann-Margaret Carozza, ’n prokureur van New York, iemand wat minder as R90 miljoen in New York verdien kan elke keer tot R900 000 vir ’n vernederende twiet, foto of plasing moet opdok.

Gavin McLachlan, ’n prokureur van Pietermaritzburg, sê  ’n voorhuwelikse kontrak is merkwaardig buigsaam. “Hoekom moet mense net gedrag op sosiale media probeer beheer? Hulle kan ook sê die persoon moet hulle ook nie by ’n sosiale geleentheid verneder nie.”

Die land se privaatheidswette is doeltreffend sonder ’n voorhuwelikse kontrak oor sosiale media, het hy gesê.

Die Regsvereniging van Suid-Afrika se voorsitter van die gesinsregkomitee, Susan Abro, het gesê dit is raadsaam om alle sake voor die huwelik te bespreek. “Dit sluit in onvanpaste foto’s van mekaar hê. Foto’s op sosiale media en die internet is vir ewig daar.

“Ons het dalk nou die tyd bereik waar ons die gevolge moet oorweeg van die onbeheerde deel van inligting op die internet.”

Die hooggeregshof in Pretoria het verlede jaar beveel dat ’n man en sy nuwe vrou R40 000 aan sy voormalige vrou betaal nadat hulle haar op Facebook belaster het. die vrou het haar tot die hof gewend en beweer haar eksman en sy nuwe vrou beswadder haar op Facebook.

Bronne: philadelphia.cbslocal.com, cnbc.com, abcnews.go.com, iol.co.za