’n Onlangse studie deur die Pew-Navorsingsentrum doop dit die “koste van omgee”.

Die toename in stres is nie danksy die gereeldheid van mense se sosiale media gebruik of selfs die getal vriende nie.

Die stres wat mense, veral vroue, ervaar weens sosiale media is danksy die bewussyn van stresvolle gebeurtenisse in ander se lewe.

Die navorsing toon dat wanneer vroue bewus is van die volgende, hul stresvlakke toeneem:

  • Toe iemand na aan hulle ’n kind, lewensmaat of eggenoot aan die dood afgestaan het, het hulle 14 persent hoër in die studies se strestoetse behaal.
  • Toe iemand na aan die vroue gehospitaliseer is of ’n ernstige ongeluk of besering opgedoen het, is hul stres vlakke 5 persent hoër.
  • Toe iemand na aan vroue in hegtenis geneem is, het hulle 11 persent hoër stresvlakke aangemeld.
  • Toe ’n kennis afgedank is of ’n verminderde salaris ontvang het, het vroue 9 persent hoër stresvlakke in hul eie lewe ervaar.

Daar was net twee geleenthede wat verhoogde stres by mans veroorsaak het:

  • Toe iemand na aan hulle beskuldig of in hegtenis geneem is vir ’n ernstige misdaad, het hulle 15 persent hoër stresvlakke aangemeld.
  • Toe ’n kennis afgedank is of ’n verminderde salaris ontvang het, het mans 12 persent hoër stresvlakke in hul eie lewe ervaar.

Die studie het egter ook bevind dat vroue wat Twitter, e-pos en selfone gebruik het om foto’s te deel, laer stresvlakke ervaar het.

Bron: 1st for Women-persverklaring